Artikelbron: orthochristian.com 

Skaars maande nadat die wêreldberoemde Hagia Sophia-katedraal in Istanbul in die somer van 2020 in ’ moskee omskep is, het Turkye se president Erdoğan dieselfde lot aangekondig vir die nabygeleë Chora-kerk. Die sesde-eeuse klooster is aanvanklik ná die Ottomaanse verowering van Konstantinopel in die sestiende eeu in ’n moskee omskep. In 1945 is die gebou gerestoureer en as die Kariye-museum gebruik. Dit het dit weer ’n simbool van die Christendom gemaak tot die beslissing van die Turkse Hooggeregshof in 2019 en pres. Erdoğan se dekreet in Augustus 2020 wat beveel het dat dit in ’n
moskee omskep moet word.

Istanbul se historiese Chora-kerk sal dus op 23 Februarie as ’n moskee vir aanbidders open. Die kerk is aan die noordwestekant van Istanbul se historiese sentrum geleë en is ’n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Die Chora-kerk is bekend vir sy Bisantynse kuns en mosaïek en fresko’s kan vandag nog gesien word. Die binnekant is bedek met Bybelse tonele en portrette van Jesus en
heiliges uit die veertiende eeu.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 08/02/2024
Foto: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here