Artikelbron: Verskaf
Die span van Beula Park Internasional Conference Resource and Prayer Centre en Mount Zion Prayer Hill in Meadowdale, Oos-Rand, het verlede week saam met pastore en Christen-afgevaardigdes bymekaargekom om te bid vir die terrein se ouditoriumfasiliteit, met die vertroue dat die Here die deure van die ouditorium sal oopgaan tot in selfs ’n groter mate in 2024.
Hierdie profetiese daad is geïnisieer deur Mount Zion Prayer Hill se dr. Nico Landman, wat deelnemers aan ’n gebedsoptog om die ouditorium gelei het. Deelnemers het vlae van die verskillende nasies van die wêreld gewaai as ’n vertoning van eenheid.
Gebede is ook aan die Here gerig om Hom te vra om die fasiliteit te seën as ’n genesing- en bevrydingsentrum, en ’n plek van toevlug en toerusting vir die gemeenskap.
Mount Zion Prayer Hill het in 2023 sy 21ste jaar gevier en sedert sy ontstaan het dit Christene, wat vertroosting in die Here se teenwoordigheid en gemeenskap met ander gelowiges gesoek het, van oral in die land en die wêreld gelok. Verlede jaar is ’n nuwe radiostasie, Kingdom Vision Radio, ook
by die terrein bekendgestel. Die radiostasie is daartoe verbind om die internasionale Christelike gemeenskap te versterk en toe te rus.
Die Beula Park International Conference Resource and Prayer Centre se fasiliteit het ook as ’n mandaat en belofte van die Here reeds talle groot geleenthede aangebied sedert dit gestig is. Dr. Landman verwag nog groter dinge vir die sentrum en ouditorium in die jare wat voorlê.
Vir meer inligting, besoek www.beulapark.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 08/02/2024
Foto: beulapark.co.za
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.