Geskryf deur: CfaN Suid-Afrika
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Ons leef in ’n wêreld vol geraas, met duisende stemme wat gelyktydig ons aandag opeis. Skoknuus, tragedies en menings oorstroom ons skerms. En al het ons toegang tot meer inligting as ooit tevore, voel dit soms asof die waarheid buite bereik is. Wat kan ons glo? Waar vind ons iets eg?
Te midde van die wêreld se chaos, kom ons luister na wat werklik saak maak – ware verhale van mense wie se lewens ingrypend deur Jesus Christus verander is. Hierdie stories kom uit ons Evangelieveldtogte door die hele Afrika. Dit is die goeie nuus wat ons wêreld nodig het: Jesus leef, en Hy red, genees en verander steeds. Wanneer ons getuig van wat Hy gedoen het, raak die wêreld se geraas stil – en sy getrouheid straal helder.

Ogechu getuig teenoor almal dat niks onmoontlik is as jy jou geloof in God plaas nie.

Verlam ná geboorte
Wat ’n vreugdevolle begin met die geboorte van haar baba moes wees, het vir Ogechu Okereke in ’n nagmerrie ontaard. Komplikasies tydens die bevalling het haar van die middellyf af ondertoe verlam gelaat. Vir meer as ’n jaar het sy in wanhoop geleef, nie in staat om haar baba te versorg nie. Toe hoor sy van ’n plek waar selfs dié sonder hoop genesing kan vind.

Een tree in geloof
Toe Ogechu by die CfaN-Evangelie-veldtog aankom, het sy net ’n mosterd-saadjie van geloof gehad dat die Jesus van die Bybel wat siekes en lammes genees het, steeds dieselfde is. Terwyl Daniel Kolenda gepreek en vir die siekes gebid het, het iets diep in haar begin verander. “Ek het geglo en toe voel ek skielik ’n vreemde sensasie deur my liggaam trek. My verstand het vir my gesê: Beweeg. En toe het ek geloop.” Sy kon nie wag om op die verhoog te kom en vir almal te wys dat sy nou kan regop sit, staan en loop nie! Jesus het haar aangeraak – en vandag kan Ogechu sonder pyn loop, haar kind versorg en ’n normale lewe lei. Sy getuig vrymoedig: Niks is onmoontlik as jy jou geloof in God plaas nie.

Toe die lig verdof
Die 67-jarige James David se probleme het begin terwyl hy ’n area skoongemaak het vir die aanplant van gewasse. Terwyl hy deur die digte bosse kap, het ’n tak teen sy linkeroog geslaan. Die skade was ernstig. Elke keer as hy ’n bietjie geld bymekaar kon maak, het hy dokters en oogklinieke besoek, maar die antwoord was altyd dieselfde: “Jy is blind in daardie oog, en ons kan niks daaraan doen nie.” Later het dokters selfs voorgestel om die oog uit te haal, maar James het geweier. Sy depressie het verdiep toe selfs sy goeie oog begin verswak het. In sy diepste wanhoop het hy vir sy suster en pastoor gesê: “As hierdie oog ook toegaan en ek heeltemal blind word, wil ek nie meer lewe nie. Ek het te hard gewerk om uiteindelik deur ander rondgedra te word. Ek sal eerder dreinreiniger drink.” Sy pastoor was geskok en het hom dringend gesmeek: “Moenie! Ek gaan vir jou bid!” James het intussen ’n katarakoperasie ondergaan om ten minste die goeie oog te probeer red – maar die blinde oog was steeds sonder hoop.

Sig in ’n oogwink
Toe sien James, met sy enigste goeie oog, ’n plakkaat wat die CfaN-Evangelieveldtog in Liberië aankondig. “Ek is ’n gelowige,” sê hy, “en toe ek daarvan hoor, het ek besluit om te gaan.” Tussen tienduisende mense in die skare het hoop in sy hart begin opvlam – dalk sou God ook vir hóm ’n wonderwerk doen. Van die verhoog af het hy die evangelis hoor roep: “Sit jou hand op jou oog. Ek beveel elke blinde oog om oop te gaan. In die Naam van Jesus, ontvang jou sig.” James was bang om sy hand te verwyder – bang dat daar nog niks verander het nie. Maar toe hy dit doen, sien hy die skare rondom hom helder en duidelik. Met oorweldigende blydskap het hy na die verhoog beweeg om te getuig. “Ek het só goed gevoel. Ek het binne gebewe – ek kon voel hoe iets gebeur het. Dit was die Heilige Gees wat my getref het! Ek het vir mense vertel wat gebeur het. Hulle is opgewonde saam met my, en ek dank God vir die wonderwerk. As Hy dit vir my gedoen het, glo ek Hy kan dit vir ander ook doen.”

Word ’n vennoot in die Evangelie. Stuur ’n e-pos na info@cfan.org.za

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.

 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 05/08/2025
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here