Artikelbron: Christian Today

Die gehalte van godsdiensonderrig is te laag in talle Engelse skole volgens ’n verslag wat onlangs deur die navorsingsagentskap, Ofsted, gepubliseer is. Die verslag lui onder meer daarop dat skole hul godsdiensonderrig baie meer diepte moet gee. Dit is nie bekend presies hoeveel skole betrokke is nie. Christian Today berig Ofsted doen ’n beroep op die Engelse regering om ’n duidelike kurrikulum vir godsdiensonderrig daar te stel.

Ofsted se verslag maak gebruik van bewyse wat tydens steekproefopnames ingesamel is en vergelyk dit met data wat in 2013 in Engelse primêre en sekondêre skole geneem is.

Die verslag het bevind dat “min vordering” gemaak is vergeleke met 2013. “In die meeste skole is godsdiensonderrig oppervlakkig wyd, maar gebrekkig aan diepte, terwyl ’n aansienlike deel van skole nie die wetlike verpligting nakom om godsdiensonderrig op alle vlakke van onderwys aan te bied nie,” lui een van die verslag se gevolgtrekkings.

Sir Martyn Oliver, die hoofinspekteur van Ofsted, het gesê: “‘n Sterk godsdiensonderrigkurrikulum is nie net belangrik vir leerlinge se kulturele ontwikkeling nie, dit is ’n wetlike vereiste en te veel skole voldoen nie aan daardie verpligting nie. “Ek hoop die voorbeelde van goeie kurrikulum in ons verslag help skole om hul eie praktyk te ontwikkel en die ontwikkeling van goeie godsdiensonderrig moontlik te maak.” 

Sarah Lane Cawte, die voorsitter van die Raad vir Godsdiensonderrig van Engeland en Wallis, het gesê befondsing is een van die faktore waarom godsdiensonderrig in baie Engelse skole ontbreek. “In onlangse jare het godsdiensonderrig gely onder die regering se begrotingsbesnoeiings en die uitskakeling van onderwystoelaes,” het sy gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 08/05/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here