Geskryf deur: FOR SA
Artikelbron: forsa.org.za

Oor die afgelope vyf jaar het FOR SA by die huidige parlement betrokke geraak by elke stuk wetgewing waar godsdiensvryheid potensieel bedreiging is.

FOR SA is polities neutraal en bereid om met enige politieke party saam te werk. Daarom het die organisasie met verskeie politieke partye kontak gemaak om kommer oor godsdiensvryheidskwessies met hulle te bespreek – en om hulle te vra om FOR SA se standpunte te ondersteun.

Die diagram is ’n opsomming wat direk ontleen is uit amptelike parlementêre rekords (die Hansard) wat aandui hoe die verskillende partye oor die verskeie kwessies gestem het. Dit dui nie die redes aan waarom die verskillende politieke partye hul stem op ’n sekere manier uitgebring het nie.

Sommige wetsontwerpe is met wysigings aanvaar, wat beteken dat in sekere gevalle van die dinge wat godsdiensvryheid in die gedrang sou bring, opgelos het ((maar nie noodwendig alle kwessies nie).

Klik hier om meer oor FOR SA se standpunt oor elkeen van die wetsontwerpe te wete te kom

Nota oor partyposisies en stemreg
FOR SA het na die beste van sy vermoë gepoog om politieke partye se standpunte oor die verskillende wetsontwerpe wat hierbo gelys is, akkuraat te weerspieël. In hierdie verband is daar op die Hansard staatgemaak. In gevalle waar partye se standpunte of stem nie duidelik genoeg was nie, is daar verkies om liewer nie aan te dui of die betrokke party vir of teen ‘n wetsontwerp was nie.

As daar per ongeluk enige inligting onakkuraat vasgelê het, word daar ’n beroep op partye gedoen om FOR SA dadelik te kontak om enige onakkuraathede reg te stel.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 08/05/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here