Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Jou bloedsomloopstelsel is ’n netwerk wat bloed van jou hart na die verskillende dele van jou liggaam vervoer en weer terug na jou hart. Jou hart is ’n pomp wat (gewoonlik) tussen 60 en 100 keer per minuut klop en sodoende suurstofryke bloed deur jou liggaam stuur en elke lewensbelangrike orgaan voed. Afgesien van suurstof, wat jou aan die lewe hou, dra hierdie bloedsomloopstelsel ook voedingstowwe en hormone, terwyl dit afval, soos koolstofdioksied, verwyder.
Simptome van swak bloedsirkulasie
Soms kom die bloed in jou liggaam nie doeltreffend genoeg uit by die plekke waarheen dit moet gaan nie en dit lei tot swak sirkulasie. Faktore wat ’n mens se bloedsomloopstelsel negatief beïnvloed, sluit in beserings of chroniese toestande soos diabetes of hoë bloeddruk wat nie goed bestuur word nie of perifere vaskulêre siekte wat die are vernou. Wanneer dele van die liggaam nie die suurstof of voedingstowwe ontvang wat dit benodig nie, begin selle sterf, wat ernstige skade aan die lewensbelangrike organe kan veroorsaak. Simptome van swak sirkulasie sluit in:
• Velverkleuring
• Lusteloosheid of gebrek aan energie
• Verminderde konsentrasie en fokus
• Haarverlies
• Droë vel of bros naels
• Koue hande en voete en/of ’n dooie gevoel of prikkels in die hande en voete
• Ereksieprobleme
• ’n Verswakte immuunstelsel
• Wonde wat langer neem om te genees
WAT KAN JY DOEN?
• Doen kardiovaskulêre en aërobiese oefening
• Drink daagliks genoeg water
• Hou op rook
• Moenie vir lang periodes sit nie
MEGA OXYGEN help bloedsirkulasie verbeter
Alhoewel aanvullings op hul eie nie ’n slegte dieet en gebrek aan oefening sal uitkanselleer nie, kan hulle die liggaam se bloedsomloopstelsel bystaan. Mega Oxygen is spesiaal geformuleer om elke sel in die liggaam met suurstof te verryk. Met uitstekende, heeltemal natuurlike bestanddele van hoë gehalte, is Mega Oxygen een van die beste aanvullings op die mark om die bloedsomloop te help verbeter. Nog ’n gewilde formulering is Heart Health wat dien as ’n robuuste natuurlike behandeling vir die hart, bloedvate en are en bloedsomloopstelsel.
KRY 10%-afslag!
Teken in op die Oxygen Product-nuusbrief en geniet 10%-afslag op jou eerste bestelling.
Ons produkte:
Mega Oxygen
Mega Oxygen™ is ’n natuurlike sistemiese suurstofdraende produk wat die immuniteit-stelsel versterk deur ’n chemiese proses wat die liggaam help om virus- en bakterie-infeksies te beveg. Navorsing het getoon dat magnesium van kardinale belang is in die ontwikkeling en instandhouding van bene, asook die behoorlike funksionering van die senuwees, spiere en ander liggaamsdele.
Heart Health
Heart Health™ is ’n kragtige natuurlike behandeling vir die hart, are, geheue en meer. Hierdie produk is ’n orale chelasie-produk, gemaak van kalsiumdinitraat EDTA, appelsuur, knoffel en pietersieliepoeier. Sodra dit in die bloedstroom is, sal kalsiumdinitraat EDTA sy kalsiumbinding vinnig verbreek en giftige metale soos lood of kwik verbind.
Super Vitamin
Super Vitamin is ’n multivitamien wat die immuniteitstelsel versterk en konsentrasievermoë verhoog. Hierdie produk is ideaal vir studente wat probeer om voor die finale eksamen ure lank te studeer. Die produk is heeltemal natuurlik en bevat moringa en suurstof.
Water Life
Water Life is ’n essensiële mineraal-en-elektrolietsamestelling wat daarop gemik is om “dooie water” weer lewe te gee. Ons liggame bestaan uit 80-90% water en sonder noodsaaklike minerale is vitamiene nutteloos. Die eienskappe van die water wat ons drink, is net so belangrik soos die voedsel wat ons inneem.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 06/04/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.