Geskryf deur: Billy Graham Evangelistic Association (BGEA) Artikelbron: www.harbingerdaily.com 

Met die aanbreek van 2020 kon die Billy Graham Evangelistic Association (BGEA) nie voorsien het wat die nuwe jaar sou inhou nie. 

Teen die einde van Januarie – na aanleiding van ongegronde bewerings van haatspraak teen Franklin Graham – het die organisasie hom in ’n stroom van dispute bevind wat gedreig het om sy evangelisasietoer wat vir agt stede in die Verenigde Koninkryk geskeduleer was, te ontspoor. 

Unsilenced, ’n nuwe Billy Graham -televisiedokumentêr wat onlangs uitgereik is, vertel van die uitdaging wat die BGEA en kerke die afgelope jare in die gesig gestaar het om die reg te verdedig om godsdiensvryheid in die Verenigde Koninkryk uit te oefen en die Evangelie in die openbaar te verkondig. 

“God het ons nie geroep om stil te wees nie. Hy het ons geroep om te preek,” het Franklin Graham, die president en uitvoerende hoof van die BGEA, gesê.

In die dokumentêre program het Franklin Graham die bediening se doel vir die God Loves You-toer verduidelik. 

“Ons doel is net om die Evangelie te verkondig en ’n uitnodiging te gee [om Jesus Christus in gebed en bekering te ontvang],” het Graham gesê. “Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, Hy het gekom om die wêreld te red. Ek kom nie om enigiemand te veroordeel nie.” 

Tot op hede is verskeie sake gunstig opgelos en het Graham verlede Mei die eerste been van die herskeduleerde God Loves You-toer in Liverpool, Engeland, gehou, gevolg deur byeenkomste in Suid-Wallis, Sheffield en Londen. Meer as 18 000 mense in al vier stede het die uitreike bygewoon en meer as 1 000 van hulle het besluit om Christus te volg.

Die evangelis het op 26 Augustus  na Londen teruggekeer vir ’n tweede uitreik by ExCeL London. Saterdagaand het ’n skare van tienduisend by London ExCel bymekaargekom vir Franklin Graham se ‘God Loves You’-geleentheid, wat verlede jaar se bywoning met etlike duisende oortref het, volgens die organiseerders. 

Graham het onlangs ’n herskeduleerde byeenkoms vir Junie volgende jaar in Glasgow, Skotland, aangekondig. 

Alle geleenthede is gratis en gesinsvriendelik, met musikale kunstenaars soos CeCe Winans, Michael W. Smith en Newsboys.

“Ek is dankbaar vir die kerke en pastore wat saam met ons gestaan het, wat nie teruggedeins het nie, wat vir ons gebid het,” het Graham gesê. 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 30/08/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here