Artikelbron: gatewaynews.co.za
’n Nuwe gebedskanaal genaamd, “SA Belongs to Jesus” word op 1 September op Telegram bekendgestel met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing.
Dié inisiatief van Suid-Afrikaanse gebedsleiers sal afskop met ’n gebed van Janet Brann Hollis van SA Back to God.
Die platform sal ’n plek wees waar honderde Christene gebede vir eenheid in die Kerk, vir ’n Godvresende regering, vir die komende verkiesing, vir herlewing en vir ons nasie kan deel.
Registreer nou om by die groep aan te sluit – vind SA Belongs to Jesus op Telegram en teken in.
Volgens advokaat Richard Crompton, die senior pastoor van Word of Faith Christian Church in Gqeberha, wat die groep administreer, is daar ingestem tot die volgende riglyne:
- Dit sal apolities wees;
- daar sal geen kritiek op die regering wees nie;
- geen kritiek op ’n spesifieke politieke party nie;
- geen selfbevordering nie;
- slegs om te multinetwerk,
- stad of nasionale gebedsgeleenthede sal geadverteer word; en
- slegs profetiese woorde van erkende profete in Suid-Afrika sal gedeel word.
Volg die riglyne hier onder om ‘n gebed by die kanaal in te dien:
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 30/08/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Ons het ‘n God vresende land nodig
I would like to join the SA belongs to Jesus group on telegram