Geskryf deur: Abby Trivett
Artikelbron:
 mycharisma.com

President Donald Trump moedig Amerikaners aan om as nasie tyd in gebed af te sonder. Soos die Verenigde State voorberei vir hul 250-jaar herdenking in Julie 2026, het die Withuis aangekondig dat die administrasie ’n “gebed en her-toewyding van die Verenigde State as een nasie onder God” gaan begin.

President Donald Trump: “Terwyl ons voorberei om twee en ’n halwe eeu van vryheid te vier, nooi ek Amerika se groot geloofsgemeenskappe uit om vir ons nasie en vir ons mense te bid. Van die begin af was hierdie nog altyd ’n land wat deur gebed gedra en versterk is. Dit is só belangrik – as ons godsdiens weer sterker terugbring, gaan julle sien hoe alles beter en beter word. Julle gaan sien dit word net beter en beter. Soos ons ons koers vir die volgende 250 jaar uitstippel, laat ons onsself weer toewy as een nasie onder God.”

Die versoek aan Amerikaners is dat een miljoen mense ’n uur per week sal toewy om vir die nasie te bid. Indien moontlik, word gehoop dat mense minstens in groepe van tien saam sal kom om in eenheid vir die land te bid.

President Donald Trump moedig Amerikaners aan om as nasie tyd in gebed af te sonder. Soos die Verenigde State voorberei vir hul 250-jaar herdenking in Julie 2026, het die Withuis aangekondig dat die administrasie ’n “gebed en her-toewyding van die Verenigde State as een nasie onder God” gaan begin.

Hierdie geskiedkundige stap kom juis terwyl Trump ook belowe het om gebed in die skoolstelsel te beskerm tydens die Religious Liberty Commission-verhoor wat vroeër vandag in die Museum of the Bible gehou is. Volgens USA Today het Trump belowe om die “Joods-Christelike waardes van ons stigting” te beskerm.

Die president het verder verklaar: “Om ’n groot nasie te hê, moet jy godsdiens hê… Daar móét iets wees ná alles waardeur ons gaan – en daardie iets is God.” Hy het ander aangemoedig deur te sê: “Ons is aan die begin van ’n goue era,” en het die verhoog verlaat terwyl “Amazing Grace” agter hom gespeel het.

Die Trump-administrasie het bevestig dat hulle dit wil doen om seker te maak dat “…die nagedagtenis van dié wat daar omgekom het vir altyd bewaar sal bly…”

Hierdie oproep tot gebed en gemeenskap is meer as net ’n politieke inisiatief; dit is ’n herinnering dat ware nasionale krag voortspruit uit geestelike vernuwing. As Amerika die volgende 250 jaar met hoop, eenheid en seën wil ingaan, moet dit eers in nederigheid voor God buig – die Een wat die nasie tot hier toe gedra het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 12/09/2025
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here