Artikelbron: breakingchristiannews.com
Donald Trump het belowe om vir Christene te sorg en hulle teen “radikale linkses” te beskerm as hy tot die volgende Amerikaanse president verkies word.
In ’n video wat op ’n selfoon op sy vliegtuig opgeneem is, verbind hy hom (as moontlike Republikeinse genomineerde) daartoe om hard te werk om stemme te werf. Die boodskap is opgeneem vir die begin van die National Hispanic Christian Leadership Conference.
Hy het ook onlangs aan ’n juigende skare by die National Religious Broadcasters International Christian Media Convention in Nashville, Tennessee gesê: “Onthou, elke kommunistiese regime deur van die geskiedenis het probeer om kerke uit te roei, net soos elke fascistiese regime probeer het om hulle te koöpteer en te beheer. In Amerika probeer die radikale linkses om albei te doen.”
Hy het ook gesê: “Hulle wil kruise afbreek waar hulle kan en dit met sosialegeregtigheidvlae bedek, maar niemand sal aan die kruis van Christus raak onder die Trump-administrasie nie, ek belowe jou.”
Trump het ook verklaar: “Die linkses probeer Christene verneder. Hulle probeer ons verneder. Ek is ’n trotse Christen.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 28/02/2024
Foto slegs ter illustrasie: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.