Geskryf deur: Time2RiseSA
Artikelbron: Artikel verskaf
Die slapende reus word wakker!_Die tyd het aangebreek vir ons hierdie nasie om verandering te sien soos nog nooit tevore nie!
Time2RiseSA is amptelik geloods.
Dit is ’n inisiatief onder die leiding van die Heilige Gees wat gelowiges in Suid-Afrika verenig en hulle aanmoedig om te hoop op ’n beter nasie en te mobiliseer vir verandering. Die beweging het voortgespruit uit ’n aanvanklike vergadering toe 300 mense einde Januarie vanjaar in Bloemfontein byeengekom het. Een van die vernaamste doelwitte van hierdie beweging is om die huidige kultuur van negatiwiteit in een van liefde en hoop te verander. Van groter belang: Dit het ’n duidelike plan vir hoe om binne ’n jaar ware verandering in Suid-Afrika te aktiveer.
Time2RiseSA-projekte
Die inisiatief het verskeie veldtogte en projekte wat reeds van stapel gestuur is, waarvan een die SA Connect-projek is. Met hierdie projek word gepoog om gelowiges met mekaar te verbind deur bloudrukoplossings en goeienuusprojekte vir Suid-Afrika met hulle te deel. Die bedoeling is om Suid-Afrikaanse burgers te motiveer, te mobiliseer en aan te spoor om op die goeie dinge te fokus wat in die nasie gedoen word en dat hulle self ook meer in daardie verband doen en betrokke raak.
Kyk gerus na hierdie video om meer oor TIme2RiseSA uit te vind en deel te word van hierdie inisiatief:
Besoek www.time2rise.co.za vir meer inligting en sluit by Time2RiseSA aan op Facebook.
Wees deel van iets besonders en deel hierdie video met ander gelowiges.
_#Time2RiseSA_
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 09/08/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








