Geskryf deur: Stefan J. Bos
Artikelbron: www.worthynews.com

 

Suid-Afrika se parlement het gestem om Israel se ambassade in Pretoria te sluit nadat president Cyril Ramaphosa die Joodse nasie daarvan beskuldig het dat hulle “volksmoord” in Gasa pleeg.

Israel het reeds voordat daar gestem is, sy ambassadeur herroep, blykbaar om uiting te gee aan woede oor die volksmoordbeskuldigings.

Israel het aangekondig dat sy ambassadeur, Eli Belotserkovsky, uit Pretoria herroep is “vir konsultasies” in Israel.

Die mosie waarin gevra is vir die sluiting van die ambassade, het Dinsdag met 248 stemme ten gunste en 91 stemme daarteen geslaag.

Die mosie is deur die linkse opposisieparty Economic Freedom Fighters (EFF) ingedien en gesteun deur die regerende African National Congress. Dit is egter teengestaan deur lede van die sentristiese, wit-meerderheid Demokratiese Alliansie (DA), wat hoofsaaklik pro-Israel is.

Dinsdag se aanvaarde mosie was grootliks simbolies aangesien pres. Ramaphosa se regering dit moet implementeer.

Die president het egter gesê dat hy geen rede sien om goeie betrekkinge met Israel te handhaaf nie. Suid-Afrika het sedert 2018 nie ’n ambassadeur in Israel nie.

Aanklagte van volksmoord

Pres. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika glo Israel pleeg oorlogsmisdade en volksmoord in “die beleërde Gasa-strook”.

Gasa se gesondheidsministerie wat deur Hamas bestuur word, het beweer dat 14 000 mense gedood is, insluitend meer as 5 000 kinders, sedert Israel Gasa op 7 Oktober begin aanval het.

Israel het op sy beurt gesê die land het bloot gereageer op Hamas-vegters wat die grens op 7 Oktober oorgesteek het, 1 200 mense doodgemaak en meer as 200 ander gyselaar geneem het.

Pres. Ramaphosa het dit sy bedenkinge duidelik gemaak terwyl Suid-Afrika Dinsdag ’n virtuele beraad van die BRICS-groep nasies, wat China en Rusland insluit, oor die Israel-Hamas-oorlog aangebied het.

Die vergadering, onder voorsitterskap van Suid-Afrika se pres. Ramaphosa, hoop glo om ’n verenigde reaksie op die Israel-Hamas-oorlog saam te stel. Pres. Ramaphosa het op die vergadering die “kollektiewe straf” van Palestynse burgerlikes veroordeel.

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het Amerika daarvan beskuldig dat hulle internasionale pogings om vrede in die Midde-Ooste te bring, blokkeer. Tog was hy versigtiger met die keuse van sy woorde oor Israel.

Pres. Poetin wil blykbaar ’n konfrontasie met Israel in die naburige Sirië vermy, waar die Russiese weermag ’n beduidende teenwoordigheid het in ’n tyd wanneer Moskou ook hulpbronne nodig het vir sy voortgesette inval in die Oekraïne.

Datum gepubliseer: 23/11/2023

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 23/11/2023
Foto: President Cyril Ramaphosa www.flickr.com/photos/governmentza

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here