Geskryf deur: Errol Naidoo Artikelbron: familypolicyinstitute.com

Die grondwetlike hof op 29-30 Augustus argumente aangehoor oor die grondwetlikheid van die onlangs uitgevaardigde Kieswet – gebring deur die Independent Candidates Association (ICA) en One South Africa Movement (OSA). Albei groepe voer aan die Wet bied nie onafhanklike kandidate regverdige en gelyke toegang om in die algemene verkiesing in 2024 mee te ding nie.

Die ANC-regime het sy meerderheid in die parlement gebruik om ’n wysiging aan die Kieswet aan te neem wat politieke partye bo onafhanklike kandidate bevoordeel. Dit om te verseker dat die mislukte regerende party aan bewind bly om voort te gaan met sy politieke wanpraktyke en plundering van belastingbetalersgeld.

In 2018 het pres. Cyril Ramaphosa ’n “New Dawn” aan ’n korrupsie-moeë nasie belowe. Tragies het dit egter, soos al pres. Ramaphosa en die regerende party se beloftes, nie gerealiseer nie. Wat Suid-Afrika wel gekry het, was meer korrupsie, misdaad en wanadministrasie.

Wie kan pres. Ramaphosa se versekering vergeet dat die R500 miljard belastingbetalersfondse wat bewillig is om “die Covid-19-noodgeval te beveg” nie wanbestee sal word nie? ANC-amptenare het onmiddellik ’n verbysterende skema van diefstal, bedrog en geldwassery van stapel gestuur om miljarde uit die “noodfondse” te steel terwyl burgers gely en gesterf het.

Ondanks pres. Ramaphosa se “New Dawn”-belofte, het korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en die agteruitgang van onderwys, gesondheid en die ekonomie vererger. Die gemiddelde burger moet nou erken dat die ANC nie in staat is om ’n moderne demokrasie soos Suid-Afrika te regeer nie. Die treurige toestand van Suid-Afrika se munisipaliteite, insluitend krag- en watervoorsiening, is werklik aaklig.

In kontras is daar gereelde berigte oor die weelderige leefstyl van ANC-grootkoppe soos adjunkpresident, Paul Mashatile, wat in luukse herehuise woon en by eksklusiewe restaurante eet.

Die ANC-regime regeer ook nie die land in ooreenstemming met die wil van die mense nie. Dit regeer eintlik volgens die wil van VN-agentskappe, aborsie- en LGBTQ-drukgroepe en linkse miljardêrs. Die demokratiese prosesse van die parlement word deur die ANC-meerderheid gemanipuleer en verdraai om sy eng ideologiese agenda te bevorder, ondanks duidelike openbare ontevredenheid.

Die ANC se noue bande met die totalitêre Chinese Kommunistiese Party (CKP) en die Marxistiese regime in Kuba verklap baie oor sy ware identiteit en agenda. Sy leë aansprake oor die bevordering van die waardigheid, gelykheid en menseregte van burgers sou skreeusnaaks wees as dit nie so verskriklik tragies was nie.

Daar is baie geskryf oor pres. Ramaphosa se suksesvolle onderhandelinge by die Brics-beraad. Ironies genoeg dien sy sukses op die globale verhoog net om sy huishoudelike mislukkings te beklemtoon. China het lenings en kundigheid aangebied om te help met SA se energieprobleme. Maar teen watter prys? Gaan hy uiteindelik Eskom besit?

Die skrif is aan die muur vir Suid-Afrika. As die Kerk en die burgerlike samelewing nie saamwerk om die land van nog vyf jaar van ANC-wanregering te red nie, sal daar min oor wees om te red. Suid-Afrika het dapper, beslissende en moedige leierskap nodig as hy na 2024 gaan oorleef.

Die nuwe Kieswet kan op sekere maniere help, maar as kerk- en burgerlike leierskap nie hierdie bedreiging ernstig opneem nie, lyk die nasies se vooruitsigte donker. Suid-Afrika het in 1994 ’n wonderwerk beleef. Ons kan weer een beleef in 2024 as ons nou ons gebede en aksies vir werklike verandering verskerp!

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 06/09/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here