Artikelbron: Christian Today
Sowat 7 000 mense het verlede naweek deur Londen gemarsjeer vir ongebore lewens. Christian Today berig dat die groep na die Britse parlementsgebou opgeruk het onder die leuse “Freedom to Live” ondanks die feit dat hulle onderweg deur pro-aborsie-betogers geteister is.
Die betogers het aan die March for Live UK deelgeneem. Nadat die groep by die Britse parlementsgebou aangekom het, het ’n aantal pro-lewe sprekers die skare toegespreek. Onder hulle was die Britse aktivis, Isabel Vaughan-Spruce. Vaughan-Spruce is twee keer in een jaar gearresteer nadat sy (stil) binne die buffersone van ’n aborsiekliniek gebid het
“Die tweede keer wat ek gearresteer is, is vir my gesê my gebede aanstoot gee. Ek sal julle vertel wat aanstootlik is: dat ons land die hoogste aborsiesyfers ooit het, insluitend 100 000 herhaalde aborsies per jaar. Die enigste reaksie van die regering is die onderdrukking van diegene wat vreedsaam alternatiewe vir swanger vroue bied,” het sy gesê volgens Christian Today.
Lois McClatchie-Miller van ADF (Alliance Defending Freedom) het gesê dat die mantra van “my liggaam, my keuse” gelei het tot ’n gebrek aan manlike verantwoordelikheid, wat mans toelaat om hulle skouers op te trek wanneer ’n vrou swanger raak, hulle kan dan sê: “Jou liggaam, jou keuse, jou probleem.”
Scott Klusendorf, die president van The Life Training Institute, het pro-lewe-betogers aangemoedig om “die selfvertroue te hê om ons saak oortuigend te stel.”
LP sir Edward Leigh was ook Saterdag daar. In ’n twiet oor die optog het hy gesê: “Dit is wonderlik om te sien dat so baie mense hierdie naweek vir die March for Life UK opdaag en opstaan vir die regte van die kwesbaarstes in ons samelewing.”
March for Life hoop om volgende jaar ongeveer 10 000 pro-lewe betogers te verwelkom. Die pro-lewe-organisasie sal dan sy tiende bestaansjaar vier.
Abortion protester: “Fascists!”
A priest: “I love you.”Tensions flared today in #London outside parliament as abortion activists mobilized against the @March4LifeUK rally. A direct action was called by various left-wing groups, including trans & #Antifa groups. #March4LifeUK pic.twitter.com/sbCbZ8ko4O
— Andy Ngô 🏳️🌈 (@MrAndyNgo) September 2, 2023
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/09/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.