Geskryf deur: Christian Post Artikelbron:
‘n Woedende skare Hindoe-nasionaliste het ’n sekondêre skool in Indië aangeval na gerugte dat die
hoof van die skool die leerders ’n Christelike gebed laat bid het.
Volgens die Christian Post het die voorval verlede Dinsdag plaasgevind. Benewens Hindoe-nasionaliste, het die woedende gepeupel ook bestaan uit woedende ouers wat “Har Har Mahadev” gejou het, wat “Heil aan die heer Shiva” beteken. Shiva is die hoogste goddelike wese binne die Hindoe-godsdiens.
Op ’n video van die voorval, wat wydverspreide aandag getrek het, kan gesien word hoe die
skoolhoof, Alexander Reid, deur die gepeupel aangeranden sy klere aan flarde geskeur word.
Speurder Ranjit Sawant van die plaaslike polisiestasie het ’n ondersoek na die voorval van stapel
gestuur. Ondanks hierdie feit het die skool of die hoof nog nie die voorval by die polisie aangemeld
nie. “Slegs ’n paar ouers het ’n klag teen die skoolhoof ingedien. Ons het dus nog nie ’n saak
aanhangig gemaak nie. Ons sal optree teen die aanvallers wat die skoolhoof aangerand het,” het
Sawant gesê.
Volgens die speurder bevat die gebed wat tot die aanval gelei het, die aanhef “Liewe Heer”, maar
volgens Sawant verwys dit nie na die Christelike God nie. Hy het dus bevind dat die bewerings van
ouers dat dit ’n Bybelse gebed was, ongegrond is.
Die skool is voorlopig gesluit.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/07/2023
Foto: Skermskoot: YouTube/ D Y Patil University, Navi Mumbai
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.