Geskryf deur: Radio Tygerberg 

Radio Tygerberg 104FM nooi vroue van alle ouderdomme uit na ’n inspirerende middag van hoop, rus en herstel. Die Sisters Vrouekonferensie vind plaas op 16 Augustus 2025 van 14:00 tot 17:00 in die ikoniese Artscape Teater in Kaapstad – en beloof om ’n sielsverkwikkende ervaring te wees.

“Ons weet baie vroue worstel daagliks met vrees en bekommernis,” sê Benescke Janse van Rensburg, omroeper en medekoördineerder van die geleentheid. “Daarom het ons ’n program saamgestel wat vroue aanmoedig om asem te haal, stil te word, en weer te fokus op die Een wat ware vrede bring – selfs in die grootste storms.”

Met die tema “Vrede in elke storm” bied die konferensie praktiese insigte en hoopvolle getuienisse wat vroue sal toerus om innerlike vrede te vind en te behou – ongeag hul omstandighede.

Sprekers en bydraers sluit in:
· Lynette Beer, gesoute motiveringspreker, gesels oor hoe om vrede te herstel in moeilikheid-verhoudings.
· Karlien van Jaarsveld, geliefde sangeres en skrywer van Riviere in die Wildernis, deel haar storie van vergifnis en vryheid in gesprek met Ingrid Venter, bekende stem by Radio Tygerberg.
· Benescke Janse van Rensburg, skrywer van God kan wanneer ons bid – 40 kraggebede vir ons kinders, deel haar hart vir gebed en vrede.
· Rouchelle Liedemann, omroeper en aanbiddingsleier, bied ’n roerende getuienis uit haar eie lewe.
· Elwira Standili, geliefde koortjieaanbieder, sorg vir ’n musikale belewenis.
· Liomee Vosloo en Rosebud Tshobane lei die program as gasvroue met warmte en humor.
Radio Tygerberg nooi jou uit om saam met jou ma, sussies, vriendinne en kollegas hierdie besondere middag by te woon. Vrede is moontlik – selfs in jou storm.

Bespreek jou kaartjies vandag nog:

https://itickets.co.za/register/new/483002

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 27/06/2025

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here