Geskryf deur: CfaN Suid-Afrika
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Afrika se bevolking word verwag om 2,4 miljard te oorskry teen 2050. Teen 2100 sal Afrika selfs vir Asië verbysteek as die kontinent met die grootste bevolking. Teen daardie tyd sal een uit elke vier mense op aarde ’n Afrikaan wees! Wat tans in verskeie Afrikalande gebeur, het dus die potensiaal om die koers van die geskiedenis te verander. Ons praat hier van CfaN se jeugveldtogte, waardeur miljoene jongmense reeds die lewensveranderende besluit geneem het om vir Jesus te volg. Hierdie deel van Christ for all Nations het oor die afgelope vyf jaar verskriklik gegroei. Onder leiding van Jako en Karin Hugo werk spanne jong evangeliste vanjaar in 25 lande wêreldwyd. Hierdie reuse-uitreik het alreeds op meer as ’n miljoen reddingsbesluite uitgeloop! En niemand trap rem nie.

Die man wat nie kon stil sit nie
Die begin van hierdie nou wêreldwye inisiatief was klein en onopsigtelik. Vir baie jare was Jako Hugo (van Suid-Afrika) een van ons vragmotorbestuurders in Afrika – verantwoordelik om ons veldtogtoerusting te vervoer. Sulke reise in Afrika is altyd onvoorspelbaar. Soms is dit die weer wat jou terughou. Soms is dit krygshere se padblokkades of burokratiese versperrings by ’n grens wat jou dae of selfs weke laat wag. Enigiemand wat Jako ken, sal jou vertel – hy is ’n man wat eenvoudig nie kan stil sit nie. Terwyl ander nog beplan, is hy al besig om die werk te doen en na die volgende uitdaging te beweeg. Hy praat vinnig, beweeg vinnig, en hou daarvan om dinge gedoen te kry.
Evangelis Kolenda het gevoel hoe sy hart begin brand
Terwyl Jako vir weke of maande lank weg was, het Karin hulle jeugbediening by die huis bestuur. Wanneer Jako dus êrens vasgekeer was, het hy altyd geleenthede gesoek – kans om die Evangelie aan kinders te verkondig. Dit het jare lank aangehou. Tot eendag, tydens een van CfaN se groot Evangelieveldtogte in Afrika, toe Evangelis Kolenda gehoor het hoe Jako praat oor die impak van hul bediening op Afrika se kinders.

Honderde jong evangeliste opgelei
Vandag bestuur Jako nie meer vragmotors nie! Hy en Karin lei nou die vinniggroeiende jeugveldtog-arm van CfaN. Hulle het al honderde evangeliste opgelei om spesifiek vir kinders en tieners te preek. Hierdie evangeliste – almal opgelei deur een of ander CfaN-opleidingsprogram – word twee-twee uitgestuur. Op ’n enkele dag hou spanne enigiets van twee tot tien uitreike. Buiten om ’n eenvoudige, boeiende Evangelieboodskap te verkondig, bid hulle vir siekes, en ons sien baie wonderwerke plaasvind. Die geloof van kinders is iets pragtig om te aanskou.
Werk saam om stede te bereik
Die doel van die “vermenigvuldig en saamwerk”-visie wat die Here vir CfaN gegee het, was nie om “werknemers” te vermeerder nie, maar om onafhanklike, effektiewe evangeliste te vermeerder wat saam met ons en mekaar werk. En dit is presies wat gebeur. Spanne van tot honderd evangeliste werk saam om die jeug van ’n stad vir Jesus te bereik.
Hoe CfaN jeugveldtogte ondersteun
Jy wonder dalk hoe ons honderde mense op ’n slag in ’n land kan uitstuur? Hierdie ongelooflike groei in jeugevangelisasie is moontlik omdat elke evangelis vrywillig daar is en hulle eie koste dra. Hulle betaal vir hulle eie vlugte, blyplek, kos en selfs die brandstof vir die Evangelie-vragmotors.
CfaN ondersteun hierdie spanne deur:
• Toerusting soos mobiele luidsprekers en
mikrofone te voorsien
• Gebruik van CfaN se Evangelie-vragmotors (wanneer hulle nie vir groot veldtogte gebruik word nie)
• Druk van opvolgmateriaal
• Logistieke ondersteuning via ’n spesiale app wat areas en reddingsbesluite dophou
• Toerusting in stand te hou en te vervang.
Dit het ’n groot kostelading geword, aangesien die toerusting feitlik heeldag,
elke dag gebruik word.
Ons moet meer doen!
In September vanjaar sal ’n span van honderd evangeliste na Kenia vertrek vir ’n “vuurgolf” – om hele gebiede te dek met veelvuldige uitreike elke dag, met die doel om soveel kinders as moontlik te bereik. Die konserwatiewe verwagting – gebaseer op vorige ondervinding – is dat 1,5 miljoen kinders gedurende daardie tyd tot bekering sal kom. En dit is net EEN van die vuurgolwe wat vanjaar beplan word! Om eerlik te wees, ons kan skaars byhou. Trouens, sommige evangeliste moet nou hulle eie opvolgmateriaal druk, en dit hou mense terug wat gereed is om te gaan. Ons wil dit graag verander. Behalwe vir die behoefte aan 2 tot 3 miljoen boekies net vir hierdie jaar, het ons ook dringend meer mobiele klanktoerusting nodig sodat elke span gehoor kan word.
Vat hande met CfaN!
Ons glo dat ons tans ’n Godgegewe geleentheid het om die toekoms te verander, terwyl miljoene kinders hulle lewens aan Jesus oorgee. Kan jy dit saam met ons sien? Kan jy jou indink watter impak hulle op die wêreld sal hê? Kom ons doen dit!
Werk saam met ons om meer kinders vir Jesus te bereik!
Jou ondersteuning help om noodsaaklike toerusting, opleiding en materiaal vir evangeliste te voorsien wat die jeug regoor Afrika bereik. Saam kan ons ’n hele generasie verander! Skenk vandag by www.cfan.org/donate

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 26/06/2025
Foto’s verskaf.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








