Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Danksy sy energieke en avontuurlustige persoonlikheid, kan luisteraars nie wag om Saterdagoggende van negeuur tot twaalfuur saam met die nuwe aanbieder van Saterag Samesyn, André Jacobs, te kuier nie. Met ’n agtergrond as wildbewaarder het hy jare se ondervinding in natuurbewaring, gasvryheid en die lei van toergroepe. As kunstenaar was hy ook al verskeie kere voor die kamera, maar vra jy hom wat ware geluk is, vind André sy grootste vreugde daarin om God saam met sy gesin te dien.
’n Man bekend met diep verlies
André is van nature opgeruimd en ’n mens sou nooit kon raai dat hy al die diepste verlies en pyn moes verwerk nie. In 2021 was André en sy voormalige vrou, Michelle, reeds 11 jaar lank getroud, met drie pragtige kinders. Die opgewondenheid was groot met die nuus dat Michelle weer swanger was, maar in Oktober van daardie jaar, die agste maand van haar swangerskap, het die lewe ’n onverwagte wending geneem. Wat ’n gewone Sondag vir hulle gesin moes wees, het in ’n tragedie geëindig toe Michelle en hulle ongebore babadogtertjie weens onverwagse mediese komplikasies gesterf het.
André en Chrystal het by die plaaslike bediening, The Love Church, ontmoet.
‘Jy is al wat hulle oor het’
“Dit was ’n geweldig moeilike pad. Ek wou nie die son sien opkom nie en het geen rede gesien om verder te leef nie. ’n Mens se lewe voel asof dit tot ’n einde gekom het sonder drome, hoop of ambisie. Al wat my nog effens staande gehou het om voort te gaan, was my kinders. Ek het gedink: André , jou kinders het jou nodig. Jy is al wat hulle oor het,” vertel hy.
Herstel en ’n nuwe begin
Vandaar was dit ’n genadepad vol bystand en liefde van sy ouers, vriende en gemeentelede wat hom deur elke dag gedra het. André getuig dat God die Een is wat alles nuut kan maak. Hy het André se gebroke hart heelgemaak en vandag is sy blydskap aansteeklik.
Die dolgelukkige egpaar is op 28 Januarie 2023 getroud.
“My hart, siel en gees is herstel. God het dit gedoen. Ek droom weer, het weer saam met Chrystal liefde geving, het onlangs weer pa geword en my kinders leef voluit. Vandag weet ek geen situasie is te donker, geen vallei te diep, geen pyn te ondraaglik vir God nie. Hy sal jou lewe vernuwe en staan gereed om jou hele lewe te restoureer. Vertrou Hom!”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 21/04/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.