Geskryf deur: Artikelbroe: cne.news; forum18.org; religionunplugged.com

’n Evangeliese Christen-man gaan twee jaar en ses maande in die tronk uitdien omdat hy nie in die Oekraïne wil gaan veg nie, berig CNE News.

Vyacheslav Reznichenko het weens sy godsdiensoortuigings geweier om by die Russiese weermag aan te sluit en in die Oekraïne te gaan veg. Hy kom van ’n dorpie in Oos-Rusland, is getroud en is die pa van ’n vier maande oue baba, het die International Union of Evangelical Churches op sy Telegram-kanaal berig.

Rusland het onlangs die vonnisse verskerp vir diegene wat weier om in die weermag te veg. Op 31 Augustus het ’n hof in Sint Petersburg die 55-jarige priester, Ioann Kurmoyarov, vir drie jaar tronk toe gestuur en hom verbied om vir twee jaar plasings op die internet te maak omdat hy “vals inligting oor die Russiese gewapende magte” versprei het. Hy was toe die tweede Christen-man wat tronkstraf ontvang het vir sy teenkanting van Rusland se oorlog teen die Oekraïne weens ‘n Christelike oortuiging, het forum18 berig. In Maart is Mykhailo Yavorsky, ’n 40-jarige Christen van die suidwestelike stad Ivano-Frankivsk, is vir sewe jaar tronk toe gestuur, het Religionunplugged berig.

Sedert die begin van die mobilisering in September 2022, het militêre howe in Rusland 2 930 gevalle van verlating aangemeld. In 75% van die sake het ‘n regter reeds ‘n skuldigbevinding uitgereik.

Volgens Russiese media groei die aantal militêre personeel wat voor ‘n hof moet verskyn elke maand. Verlede Januarie was daar 82 beamptes betrokke by ‘n hofsaak; in Maart het hierdie getal tot 378 gegroei en in Julie tot 522.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 02/10/2023
Foto: Vyacheslav Reznichenko met sy vrou en vier maande oue kind. (Foto Telegram, Примеры с полей Благовестия)

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here