Artikelbron: Radiokansel

Pretoria, Suid-Afrika – [26 Mei 2025] – Radiokansel 657AM, ’n toonaangewende Christelike radiostasie in Suid-Afrika, kondig die bekendstelling van twee nuwe Christelike aanlyn radiostasies met trots aan.

Radiokansel versterk sy aanlyn teenwoordigheid met die stigting van Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele. Radiokansel Hartklank sal uitsluitlik in Afrikaans uitsaai: Jonk en oud in Suid-Afrika, en die buiteland, kan weerklank vind by Christelike programme in Afrikaans, wat die hart raak.

Luisteraars kan ook uitsien om in Engels en verskeie Afrika-tale na Radio Pulpit Jikelele te luister. Die woord jikelele betekenoraloor’ in Zoeloe. “Met hierdie uitbreiding versterk Radiokansel sy verbintenis tot die verkondiging van die Evangelie aan luisteraars in Suid-Afrika en regoor die wêreld,” sê ds Karel Verhoef, uitvoerende hoof van Radiokansel.

“Ons sien daarna uit om hierdie twee nuwe aanlyn radiostasies op 4 Junie te loods. Dit bied ons die geleentheid om meer taalspesifieke Christelike inhoud uit te saai, sodat luisteraars vir langer na kwaliteit Christelike radio in hul eie taal kan luister,” het ds Verhoef bygevoeg.

Luisteraars kan vanaf 4 Junie na Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele luister op www.radiokansel.co.za en www.radiopulpit.co.za. Besoek die webblaaie en klik op die stasie waarna jy wil luister. Beide radiostasies is ook op die Radiokansel slimfoon toepassing (toep) beskikbaar.

Naam: Jean Lung-Harmse, Radiokansel Korporatiewe Kommunikasiebestuurder
E-pos: jean@radiokansel.co.za
Selfoon: 082 854 6697
Webwerf: www.radiokansel.co.za | www.radiopulpit.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 27/05/2025

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here