Artikelbron: Artikel verskaf
Radio Tygerberg 104FM het ’n lied van hoop opgeneem vir diegene wat oor die naweek deur die gewelddadige inval in Israel deur die militante groep, Hamas, geraak word. Honderde onskuldige mense het tot dusver hulle lewens verloor.
Die bekende sangeres en omroeper by Radio Tygerberg 104FM, Rouchelle Liedemann, word op kitaar begelei deur die musikant, Jan-Hendrik Fourie. Hierdie kragtige verwerking van die Engels-Hebreeuse lied, “Speak to me Jesus,” gekombineer met die bekende aanbiddingslied “The Blessing” het ten doel om troos asook bemoediging te bring aan mense wat geweldige verliese beleef het en hulle te herinner dat hulle nie alleen staan nie.
“Met die lied wil ons mense in Israel, maar ook wêreldwyd herinner dat God steeds kan genees en herstel waar ons verlies en hartseer ervaar het,” sê Benescke Janse van Rensburg, die digitale bestuurder by Radio Tygerberg 104FM. “Die liedjie vang die essensie van hoop, geloof en eenheid vas.”
Radio Tygerberg 104FM herinner gelowiges daaraan om aan te hou bid vir almal wat deur die konflik in die Midde-Ooste geraak word. “Kom ons bid dat diegene wat geliefdes verloor het, God se vrede en vertroosting in hierdie moeilike seisoen sal ervaar,” sluit Janse van Rensburg af.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/10/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.