Artikelbron: Artikel verskaf

Radio Tygerberg 104FM nooi jou uit om op 29 April 2024, ’n maand voor die nasionale verkiesing saam deel te neem aan ’n spesiale gebedsdag vir ons geliefde land. Hierdie dag van gebed is gemik daarop om ’n positiewe verandering in ons nasie te bewerkstellig.

“ Ons glo dat ware transformasie by die individu begin wat uitkring na ons gesinne, gemeenskappe, en uiteindelik die hele land. Deur ons gebede en refleksie, asook ons toewyding tot positiewe aksie, kan ons ‘n pad na ‘n beter toekoms in Suid-Afrika smee. Ons glo vas dat God se perfekte wil sal geskied as ons in ons gebede vir ons nasie saamstaan,” lui die uitnodiging.

Sluit vanaf 06:00 tot 18:00 by Radio Tygerberg 104FM se #EkverkiesSuid-Afrika-veldtog aan vir hierdie spesiale dag van gebed. Met die veldtog word daar gefokus op unieke eienskappe en die potensiaal van ons pragtige land.

“Ons besef die noodsaaklikheid van ’n keerpunt in ons regering en ons is vasbeslote om ons stemme, nie net in die stembusse nie, maar ook in ons gebedskamers, te laat hoor. Ons nooi almal uit om in te skakel op Radio Tygerberg 104FM en saam te staan in gebed op hierdie besondere dag. Laat ons hande en harte verenig ter wille van ’n beter Suid-Afrika vir onsself en toekomstige geslagte.”

Mag hierdie dag van gebed ’n kragtige baken van hoop en vernuwing wees vir ons nasie.

Klik op hierdie skakel om aanlyn na Radio Tygerberg 104FM te luister
www.radio-south-africa.co.za/tygerberg-104fm

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 24/04/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here