Artikelbron: acdp.org.za
Tydens beraadslaging in ’n komitee van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het die parlement se regsdienste verklaar dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA-wetsontwerp) effektief deur die publiek in beide die Nasionale Vergadering (NV) en NRP verwerp is, sê ACDP-LP Marie Sukers in ’n persverklaring.
Sy het gesê: “Die ACDP wil verklaar dat hierdie wetgewing, in sy huidige vorm, grootliks deur die meerderheid Suid-Afrikaners verwerp is, wat ouers, godsdiensorganisasies, die burgerlike samelewing, gemeenskapsleiers, tuisskolers en skoolbeheerliggame insluit asook verskeie ander organisasies. Dit is heel duidelik dat die ANC deur sy meerderheid in die NV en NRP vasbeslote is om die stemme van die Suid-Afrikaanse publiek te ignoreer en poog om hierdie gebrekkige wetsontwerp deur te druk.
“Dit is die grondwetlike plig van openbare verteenwoordigers om aan die hand van openbare deelname prosesse op alle vlakke van regering behoorlik ag te slaan op die wil van die burgers – hul besware en voorstelle. Wat al hoe duideliker word, is dat ANC-parlementariërs hul grondwetlike mandaat en plig teenoor die mense van hierdie land heeltemal vergeet het.
“Die ACDP wil beklemtoon dat al is die BELA-wetsontwerp onomwonde deur die Suid-Afrikaanse mense verwerp in die openbare deelname-prosesse in beide Huise van die Parlement, en in al nege provinsies, die ANC besluit het om die stemme van Suid-Afrikaners opsy te stoot. Doen as ouer op 29 Mei 2024 presies wat jy met die BELA-wetsontwerp gedoen het en verwerp die ANC by die stembus.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 25/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: unsplash.com en pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.