Artikelbron: www.opendoors.nl
Die owerheid in Belarus (Wit-Rusland) het ’n predikant twee weke lank in hegtenis aangehou omdat hy ’n oproep tot gebed vir die Oekraïne gedoen het.
Alyaksandar Zareditsky, die leier van ’n evangeliese kerk in die noorde van Belarus, is in hegtenis geneem en het 15 dae in die gevangenis deurgebring vanweë “die verspreiding van ekstremistiese materiaal”.
Toe hy in die hof verskyn, is hy skuldig bevind aan nog ’n misdaad, naamlik ’n beroep op sy kerklede om vir die Oekraïne te bid.
Luidens die aanklag het Zaretsky kerklede gevra om “vir die te bid wat weens valse redes in die tronk is.” Daar is ook beweer dat hy gesê het “top-amptenare sê een ding, maar die mense op voetsoolvlak sien iets anders.” Die hof het beslis dat Zaretsky met sy uitsprake “deel het aan betogings”, oftewel die aanhitsing van massabyeenkomste sonder amptelike toestemming.
Zaretsky het die bewerings ontken en verklaar dat sy woorde uit konteks geneem is. Nietemin is hy weer tot vyftien dae tronkstraf gevonnis. Belarus is nie op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys met die top 50-lande nie, maar dit het vanjaar tot die 75ste plek gestyg. “Dit is ‘n aanduiding dat die regering doelbewus die lewe moeiliker maak vir Christene wat nie aan die Russies-Ortodokse Kerk behoort nie,” het ’n navorser van Geopende Deure Nederland gesê.
Grootskaalse betogings het in 2020 in Belarus uitgebreek nadat president Loekasjenko vir ‘n sesde termyn herkies is in ‘n verkiesingsproses wat volgens internasionale waarnemers “nóg vry nóg regverdig was.” In reaksie op die massabetoging het die owerhede streng opgetree teen enigiemand met ‘n ander mening. Daar word dus na Belarus verwys as die ‘laaste diktatuur van Europa’.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 05/05/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.