Artikelbron: Biblical Answers with TiaanNel 

Te midde van die hartseer en skok oor wat in Israel aangaan, is daar ook leiers wat dinge in ’n ander lig beskou en ons aanspoor om nie te vrees nie. Tiaan Nel, van Hebrew People, het ’n kragtige boodskap op sy YouTube-video getiteld, “Why you should change your view on the war” gedeel.

Die video is op 9 Oktober in die noorde van Israel verfilm met Tiberias in die agtergrond. Hy en ’n groep Suid-Afrikaners het ’n interessante gesprek gehad met ’n Israeli wat die volgende insigte oor die aanval gehad het: “Laat ons eerder vreugde hê, want terrorisme is iets wat jou vreugde wil steel. Terrorisme soos hierdie wil jou lewe wegneem. Kom ons kies dus eerder om in vreugde te wandel, dan wen die terroriste nie.”

Dit het gelei tot Tiaan se video wat ons aanspoor om in ’n ander gees op hierdie gebeure te reageer. Hy sê onder meer: “Vreugde word gesteel, die vreugde van mense wêreldwyd word gesteel omdat hulle hierdie nuus hoor… Die ding wat die Vader werklik op my hart gelê het, is dat ons moet bid vir die oes wat kom. Ons moet bid vir ons broers in Juda om tot geloof te kom, vir die Israeliese soldate om Yeshua te sien. Dat selfs die radikales aan die ander kant vir Yeshua sal sien. Dit is ’n geestelike oorlog wat uitspeel in die natuurlike, maar ons moenie daarop fokus nie. Kom ons fokus op dit wat God van ons verwag om op te fokus.

Kyk gerus hier na sy twee positiewe boodskappe

Tiaan het ‘n sterk leringsalwing en rus gelowiges internasionaal toe vanuit ’n Hebreeuse taal- en idioomperspektief. Hy en sy vrou is ook die leiers van ’n deel van Hebrew People genaamd Bethel-gemeenskappe in Suid-Afrika wat gefokus is op dissipelskap en persoonlike verhoudings.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/10/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here