Artikelbron: Artikel verskaf 

“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in
My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie.” – Johannes 11:25-26

Die stigter en voorsitter van CBN News, Pat Robertson, is vandag oorlede. Sy seun, Gordon
Robertson, het die volgende verklaring uitgereik:

“Vandag, 8 Junie 2023, is my pa, Pat Robertson, huis toe om by sy Here te wees. My pa was by die
huis, omring deur sy familie toe hy die heerlikheid betree het en sy Verlosser – vir wie hy liefhet en
met sy hele hart, verstand en wese gedien het – van aangesig tot aangesig ontmoet het.

“My pa was ’n buitengewone man volgens enige standaard. Hy was ’n evangelis, ’n entrepreneur, ’n
opvoeder, ’n skrywer, ’n staatsman, ’n televisiepersoonlikheid, ’n man van globale invloed en
geweldige visie. Maar miskien die belangrikste is dat hy ’n geliefde pa, oupa, oupagrootjie en vriend
was. Vir baie van ons was hy ook ’n geestelike vader, wat ons gelei en ons geleer het om die Here lief
te hê en lewens te leef wat die Evangelie waardig is.

“In sy laaste dae het hy dikwels gepraat oor die hemel en sy begeerte om by Jesus te wees. Tydens
een van hierdie tye van nadenke het hy die volgende met sy twee dogters en drie van sy kleindogters
gedeel:

‘I tried to listen to the Lord.
I loved you all.
I walked with the Lord.
I hope I’ve passed that on to you.’

“Ons kan ons net indink watter ryk verwelkoming my pa ervaar het toe hy die ewigheid ingestap het.
Miskien het miljoene uit baie stamme en nasies gekom om hom te groet en te bedank vir sy aandeel
om die kosbare Evangelie van Jesus Christus met hulle te deel. En ek verbeel my my pa het dieselfde
ding vir hulle gesê wat hy al baie keer vir ons gesê het: ‘Ek was net ’n onwaardige dienaar en het net
my plig gedoen. Die Here het dit alles gedoen, nie ek nie.’

“Ek en my gesin is dankbaar vir julle gebede gedurende hierdie tyd terwyl ons treur. Ons sal altyd
waardeer hoe my pa ons aangemoedig het om op die Here te vertrou, ongeag ons omstandighede.
Hy het onlangs ’n boodskap opgeneem om met sy 14 kleinkinders en 24 agterkleinkinders te deel, en
ek weet dit is een wat hy met sy hele hart geglo het.

‘I want you to know that you can always trust in God. He will never fail you. He’s never failed me in
my whole life, and He’ll never fail you. So, I want you to know that you can trust in Jesus Christ all the
way through. Don’t ever doubt His goodness because He will always be there for you.’

“Ons word versterk deur hierdie boodskap en die ewige hoop wat ons in Christus het. Al sal ons hom
mis, treur ons nie soos diegene wat geen hoop het nie. Soos 1 Tessalonisense 4 ons herinner:

‘Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie.
Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus
gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat
in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons
wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees
nie. Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink,
sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood
opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die
Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.’

“’n Gedenkdiens sal in die komende dae gehou word. Meer besonderhede sal verskaf word soos dit
op CBN.com beskikbaar is. Besoek asseblief www.CBN.com/Pat om meer te wete te kom oor my pa
se lewe en nalatenskap.

“As die HUB en president van CBN oor die afgelope 16 jaar, bly ek diep dankbaar vir julle gebede en
ondersteuning. Die werk van die bediening sal voortgaan, net soos my pa dit begin het, die Evangelie
sal aan die wêreld verkondig word en dissipels sal in alle nasies voorberei word.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 08/06/2023

Foto: cbn.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here