Geskryf deur: JUIG! Nuus-redaksie  

Te midde van die omstredenheid oor die anti-apartheidslied, “Kill the farmer, kill the boer”, wat weer kop uitgesteek het, het pastoor John Mathuhle in ’n video van vier minute lank sy kommer uitgespreek oor hierdie omstrede lied. Volgens hom blaas dit haat aan en “hits dit geweld teen ’n sekere groep mense in hierdie nasie aan”.

Pastoor John Mathuhle was in 2020 aan die hart van ’n wonderbaarlike ingryping toe God verhoed het dat daar rassegeweld uitbreek voor ’n hofgebou in die Oos-Vrystaatse dorp Senekal ten tyde van plaasmoordverhoor. Sedertdien was hy aan die voorpunt van versoenings- en gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe in dié dorp.

In die video moedig hy Suid-Afrikaners aan, veral dié wat gelowiges is, om op te staan en hulle stem te laat geld, want stilswye oor sake wat ons nasie verdeel, skeur dit ook uitmekaar. Hy daag ons uit om standpunt in te neem en te bid teen hierdie gees van boosheid wat deur die vyand gestuur is om verdeeldheid te bring.

‘Ons moet brûe van versoening in hierdie land bou’

Hy stel ’n vraag vir die kykers om te oorweeg, ’n vraag wat mense van ander rasse aanmoedig om na te dink oor hoe hulle sou reageer as hierdie liedjie teen húlle as ras gerig sou word. Wat sal hulle reaksie wees as daar ’n lied gesing word wat geweld teen hulle aanhits?

Hy vra kykers om hulle stem by syne te voeg ter wille van die voorspoed van die volgende geslag, want ons kan nie aanhou om ons kinders te leer haat nie. Hy meld dat daar ’n stille meerderheid is wat bestaan uit mans en vroue wat passievol is oor ons land.

Hy vra dat ons nasie stem moet dik maak oor hierdie lied wat sulke verdeeldheid saai, want ons kan nie bekostig om te swyg nie.

“Suid-Afrika, die tyd het aangebreek om jou stem te laat hoor en standpunt in te neem vir geregtigheid.”

Kyk gerus hier na die video:

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/08/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here