Artikelbron: morningstarnews.org 

Twee Pakistanse Christene het onlangs ter noue nood aan die dood ontkom, berig morningstarnews.org.

Die twee broers uit ’n verarmde Christen-gesin is deur ’n groep Moslems ontvoer wat hulle met ysterstawe geslaan het tot hulle ingegee het en gedwing is om die Kalima [verklaring van bekering tot Islam] op te sê en hulle Christelike geloof te verloën.

Dié afgryslike gebeurtenis het op 22 Januarie in die Pakistanse dorpie Kotli Loharan plaasgevind. Toe die 28-jarige Azam Masih ontvoer is, was hy besig om in sy kleremakery te werk. Hy is deur gewapende mans na die huis van een van die oortreders geneem. Oomblikke later is sy jonger broer Nadeem na dieselfde huis geneem. Hier is die twee wreed met ysterstawe gemartel.

Die aanvallers het toe ’n opname gemaak waarin hulle die twee broers gedwing het om te sê dat hulle uit vrye wil tot Islam wou bekeer. Die broers het uit vrees vir vergelding nie die voorval aangemeld nie.

Die nuus het egter steeds die Pakistanse en Christelike menseregte-aktivis Adil Ghauri bereik. “Ná heelwat oorreding kon ons die familie oortuig om die voorval by die polisie aan te meld. As die slagoffers stilgebly het, sou dit net die oortreders aangemoedig het om nog meer Christene in die dorp aan te val.”

Die Kotli Loharan-polisie het tot dusver een Moslem-geestelike gearresteer wat daarvan verdink word dat hy die gedwonge bekering uitgevoer het. Daar is tans geen spoor van die ander verdagtes nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 07/02/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here