Artikelbron: Artikel verskaf
Die Youth Career Expo 2023 is ’n dinamiese en innemende geleentheid wat ontwerp is vir jong
individue wat gretig is om hulle potensiële loopbaanpaaie te verken.
Dit sal op 29 Julie 2023 van 10:00-14:00 by Planetshakers-sentrum plaasvind. Hierdie ekspo waarna
daar gretig uitgesien word, het ten doel om ’n platform te bied vir jeugbemagtiging, innovasie en
samewerking.
Die Youth Career Expo 2023 sal ’n unieke byeenkoms wees wat talentvolle jong denkers,
bedryfsleiers, opvoeders en mentors vergader om die volgende geslag mense wat verandering te
weeg bring, te inspireer en in te lig.
Hierdie geleentheid sal ’n middelpunt van kreatiwiteit wees, ’n plek waar jongmense hul potensiaal
kan ontketen, nuwe geleenthede kan ontdek en betekenisvolle bande kan smee.
Sleutelhoogtepunte van die Youth Career Expo 2023 sluit in:
1.) Loopbaanuitstalling: Daar sal ‘n wye verskeidenheid maatskappye, organisasies en
opvoedkundige instellings wees wat gretig is om talentvolle jong individue te werf. Deelnemers sal
eerstehandse blootstelling aan verskeie beroepsrigtings kry en die geleentheid kry om
betekenisvolle gesprekke met meer as 50 bedryfsverteenwoordigers te voer.
2.) Interaktiewe werkswinkels: Die werkswinkels sal ’n diverse reeks onderwerpe dek, insluitend
leierskapontwikkeling, loopbaanbeplanning, jou persoonlike handelsmerk, finansiële geletterdheid
en volhoubare praktyke. Hierdie praktiese sessies sal deelnemers toerus met praktiese vaardighede
en kennis wat nodig is vir sukses in vandag se vinnig ontwikkelende wêreld.
3.) Netwerkgeleenthede: Die Youth Career Expo 2023 sal ’n netwerkomgewing bied wat jong
individue in staat stel om met eendersdenkende eweknieë, professionele mense in die industrie en
potensiële mentors te skakel. Deelnemers sal die kans kry om verhoudings te bou wat hul
persoonlike en professionele groei kan bevoordeel.
Registrasie vir die Youth Career Expo 2023 is nou oop. Om jou plek te verseker en meer te wete te
kom oor die geleentheid, besoek www.ccfm.org.za of kontak ons by 021 788 9492.
Vir vennootskap- en borgskapsnavrae, stuur e-pos na odile@ccfm.org.za
BESONDERHEDE
29 JULIE 2023
CCFM & Empower bied aan: Die 2023-jeugloopbaanekspo!
Is jy tussen die ouderdom van 16 en 18? Dan is hierdie ekspo net vir jou.
Sluit by ons aan op 29 Julie van 09:00 tot 14:00 by Planetshakers-sentrum, Ocean Spirit Ave 1,
Sanddrift, Kaapstad. Ondersoek verskillende loopbaanopsies en opwindende werkswinkels – alles
onder een dak. Hierdie ekspo is ontwerp om jou ’n insig te gee in jou gekose veld!
Toegang is gratis, maar RSVP’s is noodsaaklik. Om jou plek te bespreek, registreer hier of kontak 021
788 9492 vir meer inligting.
KONTAKBESONDERHEDE
Rhowan Johannes (rpogrambestuurder)
021 788 9492 of rhowan@ccfm.org.za
Odile Swartz (Inhoudshoof)
odile@ccfm.org.za
Chandre Kerridge (handelsmerkkoördineerder)
chandre@ccfm.org.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.