Artikelbron: breakingchristiannews.com
Taiwan is Woensdag deur die grootste aardbewing oor die afgelope 25 jaar geruk. Nege mense is dood terwyl honderde beseer en ander vasgekeer is.
Opmerklik is die feit dat 2024 die 400ste herdenking is van die aankoms van die Evangelie in Taiwan, – voorheen bekend as Formosa — via die Nederlanders.
Mary Beth Waddell van Family Research Council, het in ’n berig van Breaking Christian News gesê dat sy die land onlangs as deel van ’n NRO besoek het. “Daar was ’n wydverspreide nasionale oproep tot gebed en vas. Daar word tans geraam dat tussen 50 000 to 60 000 Christene deelgeneem het. Plaaslike inwoners het gesê dat hulle nog nooit hierdie soort reaksie gesien het op ’n oproep tot vas en gebed of hierdie begeerte om gebedsbyeenkomste by te woon nie,” het sy luidens die berig gesê.
Volgens haar was die reaksie van die jeug anders as enigiets wat sommige Amerikaanse leiers in kampus en jeugbediening al ooit gesien het. Jongmense word deur die Heilige Gees aangevuur om geheel en al toegewy aan die Here te leef met die doel om sy Naam oor die hele aarde bekend te maak! “Hulle is gewillig en gereed om na die sendingveld gestuur te word,” sê sy.
Bid vir die land wat toenemend deur China bedreig word. Bid ook vir almal wat deur hierdie aardbewing geraak word. Bid dat die Here vrede, genade en vertroosting sal bring – dat hierdie onlangse krisis nie sal verhinder wat die Here in Taiwan wil doen nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 05/04/2024
Foto slegs ter illustrasie: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.