Geskryf deur: CNE News
Artikelbron: CNE News 

Oekraïense weermag verhoog die vraag na pastorale werkers en stuur studente vir opleiding in die buiteland.

Oekraïners wat as pastorale werkers in die weermag wil dien, sal na verskillende lande reis om opgelei te word, berig CNE News. Die opleidingsprogram is deel van die samewerking tussen die Oekraïense weermag en NAVO. Die Oekraïne is glo bekommerd oor die verbetering van die gehalte van pastorale sorg.

Die Verenigde State, Groot-Brittanje en Suid-Korea werk onder andere saam met die Oekraïne om pastorale werkers in die Oekraïense weermag op te lei. Volgens die Oekraïense nuusplatform Slovoproslovo is hierdie verloop van sake ’n aanduiding dat die land besig is om standaarde vir die opleiding van militêre geestelikes te verhoog.

Kolonel Oleksiy Tereschchuk, die hoof van die Oekraïne se kapelaanbediening, sê die land beplan om 25 geestelikes in samewerking met Amerika op te lei. Die land lei al meer as 200 jaar lank vrywillige kapelane op om in die weermag te dien.

Benewens die komende samewerking met Amerika sal ’n aantal Oekraïners ook in Groot-Brittanje opgelei word. Volgens Tereschchuk sal hierdie opleiding soortgelyk wees aan gewone militêre opleiding. Die Kolonel verwag dat daar ná hierdie eerste opleidingsessies in Engeland ’n duideliker beeld sal ontwikkel oor die koers wat die pastorale opleiding van die Oekraïnse weermag moet inslaan en hulle die opleiding van kapelane verder kan ontwikkel.

Tereschchuk sê in gesprek met InVictory dat ’n aantal Oekraïners glo ook na Suid-Korea sal reis om daar opgelei te word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 02/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here