Geskryf deur: FEBA Radio

Sakhalé was vir 19 jaar lank ’n waarsêer in Mali. Hy het groot mag in sy gemeenskap gehad, maar geen beheer oor sy eie lewe nie – ’n lewe geknel deur finansiële probleme, gesins- en gesondheidskwessies, en verskriklike nagmerries. Hy het hulp gesoek by marabouts (Islamitiese geestelikes), jujumans (beoefenaars van voorvadergeeste) en ander waarsêers – tevergeefs.

Hy het alle hoop verloor en troos begin soek in die musiek wat op FEBA Mali se radiostasie, KanuYah FM, gespeel het. Namate hy aanhou luister, het hy ook belangstelling in die Christelike uitsendings ontwikkel. Op ’n dag hoor hy ’n prediker sê: “Waarseery is sonde en sal jou hel toe neem, tensy jy ophou en berou toon voordat jy sterf.”

Kort daarna hoor hy ’n soortgelyke waarskuwing van ’n ander prediker.

“Nou het die oorsaak van my probleem en die oplossing vir my baie duidelik geword,” vertel Sakhalé. “Ek het gesondig en ek moes ophou en berou toon. Dit sou beteken dat ek alles moes laat vaar waarop my reputasie gebou was en so ook my inkomste verloor.”

Maar dit was makliker as wat hy gedink het.

“Ek was bereid om enigiets te doen om uit my benarde toestand te kom. Ek het hulp gesoek by ’n predikant, wat my reguit gesê het ek moet ontslae raak van al die kauries (skulpe) wat ek vir waarsêery gebruik het, asook van alles satanies wat ek in my besit het – en dan my lewe aan Christus oorgee.”

Sakhalé het gedoen soos die predikant gesê het en sy lewe is verander.

“As Christen is ek nie meer swaarmoedig nie. Ek is nou een van die gelukkigste mense in die wêreld. Jesus het die las van my skouers afgeneem; ek voel so lig soos ’n veer – nie meer belas soos ’n donkie nie. God seën KanuYah FM.”

Vir meer inligting oor FEBA en hul werk, besoek asseblief febaradio.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 20/08/2025
Foto slegs ter illustrasie.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here