Artikelbron: churchleaders.com
Nick Vujicic, die Australiese evangelis wat bekend is vir sy motiveringsboodskappe ondanks die feit dat hy sonder ledemate gebore is, het sy fokus na die Amerikaanse kerk verskuif en ’n beroep gedoen vir daadwerklike verandering.
Vujicic het op ’n potgooi die toestand van die kerk bevraagteken en die paradoks van groot skuld en halfleë geboue te midde van die groot maatskaplike nood beklemtoon. Hy het tydens ’n onderhoud met The Christian Post gesê: “Ons het 100 000 kerke in $498 miljard se skuld vir geboue wat half leeg staan. ’n Halfmiljoen kinders wag om aangeneem te word. Waar is ons?”
Vujicic het sy kommer uitgespreek oor die kerk se gebrek aan lewenskragtigheid en het die belangrikheid van evangelisasie en dissipelskap beklemtoon, wat beide die ongelowiges asook die gemiddelde Christen teiken. “Die kerk sal doodgaan as dit nie diegene bereik wat verlore gaan en Christene oor basiese dissipelskap leer nie.”
Hy het ook die kerk se dwaling gekritiseer en gepleit dat daar van bid vir herlewing verskuif moet word na bid vir bekering. Hy het die noodsaaklikheid beklemtoon om algemene kwessies soos verslawing te hanteer en ’n meer betrokke kerk te bevorder.
Vujicic het ’n beroep op kerke gedoen om hul fokus van geboue en programme te verskuif na die hantering van hedendaagse uitdagings. Hy het Christene aangemoedig om op skoolrade te dien en het ook beklemtoon hoe belangrik ’n Christelike teenwoordigheid in die media, op politieke gebied en in die sakewêreld is.
Op sy Facebook-bladsy pleit Vujicic deurgaans vir maatskaplike sake, insluitend die beëindiging van mensehandel, ondersteuning van die pro-lewe beweging en die bekamping van afknouery.
Vujicic het ’n beroep gedoen dat die kerk terugkeer na die basiese beginsels en betrokke moet raak by mense se persoonlike behoeftes asook by maatskaplike uitdagings.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/12/2023
Foto: Wikimedia Commons
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.