Geskryf deur: harbingersdaily.com
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, die VSA se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, en die Amerikaanse ambassadeur in Israel, Mike Huckabee, het amptelik die herstelde Pelgrimsweg in Jerusalem se Stad van Dawid geopen – die antieke pad wat Joodse aanbidders in die tyd van die Tweede Tempel gebruik het om na die Tempelberg op te gaan.
Die herstelde roete, wat sowat 600 meter van die Siloam-dam tot by die voet van die Tempelberg strek, is dieselfde pad waarop pelgrims twee millennia gelede geloop het. Ná dekades van opgrawings is die pad nou vir die eerste keer in 2 000 jaar van begin tot einde oop vir die publiek.
“Dit is óns stad. Dit sal vir altyd óns stad wees. Dit sal nooit weer verdeel word nie, en daar sal geen Palestynse staat wees nie,” het Netanyahu tydens die seremonie verklaar, volgens ’n verklaring deur sy kantoor. Hy het gewaarsku dat enige eensydige poging om ’n Palestynse staat op te lê, met “eensydige optrede” deur Israel beantwoord sal word.
Minister Rubio, op sy eerste amptelike besoek aan Israel sedert sy aanstelling, het die pad beskryf as “’n blywende kulturele en historiese band” tussen Jerusalem en die Verenigde State. “Dit was hier waar God Sy belofte aan Sy volk vervul het. Dit was hier waar die beginsels gevorm is waarop ons wette en ons begrip van reg en verkeerd gebou is,” het hy gesê. “Al die beskawings wat hierdie stad verower het, is nou weg. Maar een volk het gebly – en hulle het teruggekeer.”
Voormalige goewerneur van Arkansas en Amerikaanse ambassadeur in Israel, Mike Huckabee, self ’n Baptisteprediker, het Psalm 137 aangehaal: “As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand haar vaardigheid vergeet.” Hy het aan die gehoor gesê: “Hierdie klippe bewys volkome dat die Joodse volk nie net nou hier hoort nie, maar dat hulle al vir 4 000 jaar hier hoort, sedert die dag toe God vir Abraham gesê het: ‘Dit behoort aan jou.’ Vanaand sê die res van die wêreld: welkom tuis.”
Lees die volledige artikel in Engels op JOY! News deur hierdie skakel te volg: joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 11/10/2025
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit CommonSpace Images
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








