Artikelbron: JOY! Magazine
Die stigter van African Enterprise, dr. Michael Cassidy, het onlangs ’n ope brief aan EFF-leier Julius Malema gerig wat op 5 April 2023 in The Witness gepubliseer is.
Julius het onlangs verklaar: “Ons is nie godsdienstig nie. Christene hou aan praat oor Jesus wat weer gaan kom, maar ons is Jesus wat weer kom!”
Dr. Cassidy het as volg geantwoord:
“Hokaai, my jong vriend, hokaai! Jy loop op baie dun ys.”
“Bowendien, as jy wel Jesus wil wees wat weer kom, moet jy meer soos Hy praat, meer soos Hy vergewe en meer soos Hy optree. As jy Hom inderdaad wel aangeneem het as jou Verlosser, Here en vriend; as jy sy weë volg, kan jy inderdaad jou aansienlike invloed gebruik om ons land te help stuur in die rigting van maatskaplike genesing, ekonomiese hervorming, die redding van die armes en gemarginaliseerdes en om weer ’n eerbare en gerespekteerde plek in die familie van nasies in te neem – soos in Mandela se tyd.”
“Dit is die moeite werd om oor te droom. Ek dink ek kan die volgende sê, my jong vriend Julius, aangesien ek ’n ou mkhulu van 86 jaar is en vir 65 van daardie jare het ek gewerk vir die geestelike, politieke en sosiale vryheid van Suid-Afrika. Ek kan dit dalk iets anders noem: transformatiewe herlewing. Op die ou end kan dit uitsluitlik van God af kom.”
“Jy weet, ek sal jou graag wil ontmoet. Regtig. Jy kan net sê waar en wanneer en ek sal daar wees.
“Van harte en met respek,
Michael.”
Luister gerus na Michael wat self die brief voorlees.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 11/06/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.