Artikelbron: www.voanews.com
’n Verslag wat onlangs gepubliseer is, rapporteer dat kerke in Mianmar deur die weermag gebombardeer word. Volgens Associated Press maak die berig selfs melding van oorlogsmisdade.
Die verslag van die Myanmar Witness-projek van die Centre for Information Resilience in die Verenigde Koninkryk, het vyf eise van lugaanvalle in 2023 wat grootskaalse skade aan kerke in Chin-staat veroorsaak het, in diepte ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat al vyf geverifieer kan word. Navorsers het talle bewyse ingesamel wat toon dat die regering kerke gebombardeer het met die doel om plekke van aanbidding soveel as moontlik te beskadig. Tien aanvalle op kerke is in die Chin-staat ondersoek. Dit is die enigste staat in die land met ‘n Christelike meerderheid. Die res van Mianmar is grootliks Boeddhisties. Die aanvalle op die tien kerke is net die puntjie van die ysberg. Minstens 67 kerke is die afgelope drie jaar deur die weermag vernietig en in werklikheid is daardie getal waarskynlik veel hoër.
’n Burgeroorlog het vroeg in 2021 in die land uitgebreek en sedertdien was daar ononderbroke onrus. Die weermag het ’n staatsgreep uitgevoer en die mag by die verkose regering oorgeneem. Verskeie minderheidsgroepe het toe kragte saamgesnoer en die weermag teëgestaan. Daar is voortdurend gevegte in die land. Die weermag aanvaar dat Christene as ‘n minderheidsgroep ook die verset ondersteun en val daarom sistematies Christelike teikens aan.
Volgens verslag is dit ook nie net die weermag nie Christene teiken nie, maar aanvalle op Christene vind ook vanuit die gemeenskap plaas. Talle Christene is ontheem en woon in vlugtelingkampe. Maar selfs daar is hulle ook nie veilig nie, want die weermag voer aanvalle op hierdie kampe uit. In Oktober verlede jaar is dertig Christene gedood deur ’n hommeltuigaanval op so ’n vlugtelingkamp.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 25/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.