Artikelbron: savednews.com 

Te midde van al die huidige uitdagings en moeilikhede, moedig pastoor Max Lucado Christene aan om weer terug te keer na die grondliggende waarhede van Kersfees. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan dat ons die vrede en volharding van die verhaal van Jesus se geboorte moet herontdek – veral in ’n jaar gekenmerk deur wêreldwye konflikte, die nasleep van COVID-19 en komende verkiesings.

Hy het die klem geplaas op die groot uitdagings wat Josef en Maria te bowe moes kom en het verwys na die parallelle tussen hulle uitdagings en die stryd wat soveel mense vandag moet voer. “Elke element van die eerste Kersfees kan in hierdie Kersfees gevind word,” het hy gesê. “Josef en Maria was verskriklik verontrief. Die hele rede waarom hulle in Betlehem was, was om belasting te betaal. Wie wil reis wanneer jy nege maande swanger is en boonop belasting betaal?”

Lucado het die gruweldade beklemtoon wat koning Herodes gepleeg het toe hy van die geboorte van Jesus gehoor het en die ooreenkomste uitgewys met die huidige nuus wat oorheers word deur die gruweldade van magsbehepte heersers en terroriste. “Wel, Herodes het dit alles beliggaam. Hy het gehoor van die baba Jesus, die Koning wat gebore word en het hom probeer doodmaak. Die resultaat was ’n bloedbad,” het Lucado gesê.

“Dit is wonderlik om aan Kersfees te dink as ’n vrolike gesin en geskenke onder die Kersboom, maar die werklikheid is dat Kersfees vir baie mense net die teenoorgestelde daarvan is. Daarom moet ons die ware storie van Kersfees oorvertel. Jesus is gebore in ’n tyd van wêreldwye omwenteling en persoonlike uitdagings. Vir mense wat hulself indieselfde posisie vind, vind hulle ’n vriend in die verhaal van Jesus.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 25/12/2023
Foto: Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here