Sluit aan by ons Vrydag, 27 Maart!
–deur Nastassja Kotze
Artikelbron: Verskaf
Ons nooi elke gelowige en elke Christen in Durbanville – oor alle denominasies – om hierdie Vrydag-aand saam deur die strate te marsjeer en die Naam van Jesus te verhef. Vroeër vanjaar het die Heilige Gees vir my gesê “March in March” – en nou het die tyd aangebreek!
Wanneer: Vrydag, 27 Maart
Waar: Durbanville Stadsaal
Tyd: 19:00 – begin met aanbidding en gebed, en dan
Afstand: beweeg ons uit vir ’n 1.5 km optog deur die strate
Drie Kragtige Dinge wat Sal Gebeur:
- Neem die Kerk na die Strate: Dis tyd om dit wat ons binne die kerk doen, na buite te vat – die strate in. Soos in Psalm 20:5 staan: “We will lift up our banners in the name of our God.” En ek glo soos ons dit doen, gaan die Heilige Gees ’n vars Boldness, vuur en passie, zeal oor die kerk uitstort.
- ’n Profetiese Aksie: Soos ons worship, bid en Jesus verkondig en deur die strate stap, verklaar ons:
Hierdie grond behoort aan Jesus Christus.
Ons sê:
Ons is sigbaar, ons is hoorbaar, en ons is bold for Jesus. Ons gaan nie meer in blend as Christene nie – ons is hier om Durbanville gered te sien, siele in die Koninkryk inkom, en hoe God se Koninkryk kom in elke huis. Soos in Josua: “Every place that the sole of your foot will tread upon I have given you.”
Een oggend terwyl ek my stap en bid se die Heilige Gees vir my Hy verlang daarna om in elke hart, elke huis en elke huwelik in te kom.
Hierdie “March” is ons as die kerk wat opstaan en se ons sal U missie uitvoer as U Kerk van Durbanville. Ons sal U Koninkryk in Durbanville vinnig laat kom. Dit is tyd!
- ’n Oproep tot Eenheid:
Een uur, op een dag van die 365, lê ons ons eie kerkprogramme, name en logo’s eenkant en sê: ons bou nie my kerk nie, maar Sy kerk. Saam sal ons een groot, sigbare en hoorbare stem wees, toegewyd aan die Groot Sending om Jesus en sy evangelie aan elke persoon in Durbanville te verkondig.
Hoe om Deel te Wees:
- Bring jou kinders, familie en vriende.
- Dra Jesus-hempies en bring plakkate wat sê wat Jesus vir jou gedoen het: “Jesus het my gered,” “Jesus het my genees,” “Jesus het my vrygemaak.”
- Daar sal verkeerbeheer wees; dit is veilig vir almal.
- Sluit aan by die evangelisasiespan na die mars (20:00-22:00), of bly by die Stadsaal vir aanbidding en gebed.
- Gebruik die QR-kode om in te teken of klik HIER!
Een uur. Een stem. Een kerk. Kom ons lig saam die Naam van Jesus op. Ons sien jou daar!

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Fotos verskaf
Datum gepubliseer: 26/03/2026
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








