Artikelbron: Artikel verskaf
Lig in Duisternis Uitgewers, ’n toonaangewende Christelike uitgewery met ’n gereformeerde grondslag wat fokus op Bybelgetroue en behoudende Afrikaanse literatuur, het Maandag 24 Julie sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie in Pretoria aangebied. Die doel van hierdie geleentheid is om erkenning te gee aan skrywers landswyd (vanjaar ook uit Namibië), wat uitmuntende bydraes in verskeie kategorieë gelewer het.
Die beoordelaarspaneel was weereens baie beïndruk met die uitsonderlike kwaliteit van publikasies in elke kategorie. Die wenners is Maandagoggend om 10:30 tydens die prysuitdelingfunksie by die AP Kerk Pretoria-Oos aangekondig.
Benewens die erkenning van wenners in elk van die vier kategorieë, asook ’n algehele wenner, is spesiale vermeldings toegeken aan ander uitstaande skrywers wat opmerklike talent en toewyding getoon het.
Alle publikasies wat deur Lig in Duisternis Uitgewers in 2022 vrygestel is, het vir oorweging in aanmerking gekom.
Prof. Koos Adendorff het in die kategorie, teologiese werk, die prys ontvang vir sy boek, Openbaring – die boek van die voleinding.
Prof. Koos Adendorff ontvang sy toekenning van ds. Schalk Strauss, die publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers
Ds. Jannie Bisschoff het in die jeugpublikasiekategorie die prys ontvang vir sy boek, Die avonture van ApPelKie die muis.
Die algehele wenner van die 2022 Lig in Duisternis-prys was Pieta Oosthuizen, skoolhoof en Afrikaans- en geskiedenisonderwyser vir sy boek, Deur die oë van ’n man. Hierdie pragboek roer die snare van vervloë jagoomblikke. Lesers sal ’n pluk aan die hartsnare voel – na vlaktewild op die eens ver verlate vlaktes van ons dierbare land. Die gemaklike, dog keurige Afrikaans maak bykomend van hierdie publikasie ’n diamant in enige uitgewer se kluis.
Pieta Oosthuizen en ds. Schalk Strauss
Vir die volledige lys van skrywers wat toekennings ontvang het vir artikels in Die Boodskapper, klik hier
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 29/07/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.