Artikelbron: Artikel verskaf
Sound of Freedom, die Amerikaanse rolprent wat fokus op die uitbuiting en handel in kinders, is op 18 Augustus in Suid-Afrika uitgereik met die slagspreuk “Fight for the light. Silence the darkness.”
Die KZN Trafficking In Persons Coalition (TIP Coalition) erken hierdie rolprent as ’n geleentheid dien om bewustheid te skep oor moderne slawerny wat mans, vroue en kinders in gemeenskappe in Suid-Afrika raak.
Mensehandel is ’n misdaad wat niemand ontsien nie. Kinderhandel en -uitbuiting is ’n werklikheid en hou ’n voortdurende bedreiging vir die veiligheid en welstand van gesinne in.
Ons doen egter ’n beroep op fliekgangers om in gedagte te hou dat hierdie rolprent ’n aksieriller is en ’n opspraakwekkende uitbeelding van kinderhandel is.
Die rolprent beeld die ontvoering van slagoffers uit, maar dikwels identifiseer en buit handelaars eerder die kwesbaarhede van iemand uit wanneer hulle die slagoffer werf. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Mensehandel-blitslyn is die mees algemene metodes wat gebruik word om slagoffers te werf en te lok deur beloftes van ’n beter lewe, vals werksgeleenthede, valse verhoudings, om deur familie verkoop te word, om skuld terug te betaal, of deur ontvoering.
Handelaars teiken dikwels kwesbare persone deur ’n voorbereidingsproses wat oor ’n lang tydperk kan plaasvind, beide persoonlik of aanlyn. Slagoffers kan ook gewerf word deur familie en mense wat aan hulle bekend is.
Hoewel Terwyl die gebruik van geweld, dwang en dreigemente van geweld ’n taktiek is wat deur werwers en handelaars gebruik word, word slagoffers nie altyd met geweld aangehou of in aanhouding gehou nie. Hulle kan in die situasie bly deur manipulasie, sielkundige taktiek, verslawing en die valse narratief dat niemand hulle sal glo nie, dat hulle weens die stigma nie kan terugkeer huis toe nie, of dat daar geen alternatiewe is nie.
Individue in Suid-Afrika wat die grootste gevaar loop is mense uit gemeenskappe met ’n lae inkomste, werkloses en diegene wat nie ’n opvoeding het nie. Kinders uit huise met waar ’n kind die hoof van die huis is, weeskinders, kinders wat weggeloop het van die huis af en straatkinders is veral kwesbaar.
Die KZN TIP Coalition moedig individue aan wat na die rolprent gekyk het en wat aangespoor is om op te tree teen hierdie gruwelike misdaad, om die plaaslike organisasies te ondersteun wat werk om bewusmaking te skep en in alle provinsies dienste aan slagoffers te bied wat gered is.
Vir meer inligting oor mensehandel of as jy vermoed dat iemand in ’n uitbuitende situasie is of as jy enige verdagte aktiwiteit waargeneem het wat moontlik met mensehandel verband hou, hier is vyf maniere om dit aan te meld:
1) Bel die tolvrye Nasionale Mensehandel-blitslyn by 0800 222 777
2) E-pos die Blitslyn by info@0800222777.org.za
3) Voltooi die aanlyn verslagvorm by 0800222777.org.za
4) Skakel die SAPD Noodstopnommer: 10 111
5) Rapporteer met die ‘MySAPS’-toepassing
Alle verslae kan anoniem ingedien word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.