Geskryf deur: Lefra Communication and Marketing
Artikelbron: Verskaf
Die Kersfees Skouspel word vanjaar verryk deur die besondere deelname van twee besonderse kore, naamlik die Magaliesberg Kinderkoor en die Transoranje Skool vir Dowes se Hands of Harmony-koor, wat saam ’n unieke element van jeugdigheid, inklusiwiteit en feestelike vreugde na die verhoog bring. Hierdie samewerking beloof om nie net harte aan te raak nie, maar ook die ware gees van Kersfees — hoop, eenheid en lig — op ’n kragtige en onvergeetlike wyse te vier. Die befaamde Chanie Jonker tree op as musiekregisseur van Kersfees Skouspel, terwyl Frans Swart, bekend vir sy regie van suksesvolle produksies soos Die Rypmaakkamer, Vlerksleep, Liewe Heksie, My Boetie se Sussie se Ou en vele meer die regisseurstoel vol selfvertroue inneem. Swart is ook onlangs vereer met ’n Ster Toekenning van die Roodepoort Teater vir sy werk in die teater vir die laaste dertig jaar. Die produksie spog ook met ’n volledige orkes en beloof om die perfekte begin van die feestyd te wees.

Chanie Jonker tree op as musiekregisseur van Kersfees Skouspel
Besprekings kan aanlyn gedoen word by Webtickets.co.za en groepe van meer as 10 kry ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com. Maatskappye kan ook losies vir hulle gaste of personeel koop – skakel vir Monica ook in hierdie verband. Lees meer by www.kersfeesskouspel.com. Kersfees Skouspel word aangebied met die trotse ondersteuning van Time Square, Afrikaans100, Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Radio Kansel, Feeste.net, Hollywood Costumes, Lift Airlines, Mobilis Auto, Pretoria FM, RSG, Van Loveren en The Piano Friend aangebied.
Frans Swart, regisseur van Kersfees Skouspel sê dit is vir hom ’n wonderlike voorreg om die twee kore saam op Kersfees Skouspel te hê. “Ons het die room van Suid-Afrika se kunstenaars op die produksie en dit gaan aangevul word deur die internasionaal bekende Magaliesberg Kinderkoor asook die Transoranje Skool vir Dowes se Hands of Harmony-koor. Saam met die wonderlike kunstenaars, gaan hierdie kore ’n baie voller klank en visuele effek na die verhoog toe neem. Ek kan nie wag om beide kore in aksie te sien nie,” sê Swart.
Die Magaliesberg Kinderkoor se deelname aan vanjaar se Kersfees Skouspel bring ’n besondere vars energie en jeugdigheid na die verhoog. Hierdie bekroonde koor onder leiding van Hannelie van Sittert is bekend vir hul suiwer stemme en aansteeklike entoesiasme, en verpersoonlik die ware gees van Kersfees. Hul betrokkenheid beloof om ’n emosionele hoogtepunt te wees wat gehore van alle ouderdomme sal raak en herinner aan die krag van kinders se stemme in die viering van geloof en feesseisoen.
Die Magaliesberg Kinderkoor is in Oktober 1997 gestig ná ’n oorweldigende reaksie op ’n uitnodiging om ’n streekskoor te begin, en het gegroei van enkele lede tot ’n koor met kinders van regoor Pretoria en omliggende gebiede. Reeds in die eerste paar jaar het die koor op nasionale kunstefeeste opgetree, ’n gospel-CD opgeneem en internasionale erkenning begin ontvang. Hoogtepunte sluit in optreds by die KKNK, toere na Duitsland, Italië, Oostenryk en Hongarye, samewerking met bekende kunstenaars, deelname aan operas, en verskeie radio- en televisie-optredes. In 2004 wen die koor goud by ’n internasionale kompetisie in Praag, en in 2014 behaal hulle ’n goue en ’n silwermedalje by die wêreld se grootste koorgeleentheid in Riga, Letland — ’n besondere mylpaal in die koor se geskiedenis.

Transoranje Skool vir Dowes se Hands in Harmony-koor
Die insluiting van leerders van die Transoranje Skool vir Dowes se Hands in Harmony-koor gee aan die Kersfees Skouspel ’n diep simboliese en inklusiewe betekenis. Hierdie buitengewone jong kunstenaars sal deur beweging, gebare en visuele vertelling ’n unieke interpretasie van die Kersboodskap bied – een wat taalgrense oorskry en direk tot die hart spreek. Hul deelname onderstreep nie net die produksie se verbintenis tot diversiteit en gelykheid nie, maar bevestig ook dat Kersfees se kernboodskap van liefde en verbondenheid werklik vir almal bedoel is. Dirigente Carmen Bredenkamp en Megan Bester sê dat die grootste uitdaging is dat die leerders self nie die musiek kan hoor nie. “Hulle beleef dit visueel en emosioneel. Ons as begeleiers hoor die musiek en lei hulle deur Suid-Afrikaanse Gebaretaal, ritme en bewegings”, sê Bredenkamp.
Sy wys daarop dat ’n verdere uitdaging is dat die hele program van die aand vir hul leerders toeganklik moet wees. “Dit beteken dat ons personeel ook verantwoordelik is om die res van die musiek-items, sowel as enige aanbiedings of praatjies, vir die leerders te tolk. Gelukkig het ons ’n wonderlike span wat beurte maak om dit te doen tydens lang programme.”
Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Anna Davel, Andrè Schwartz, Arina de Witt, Cordelia, Corlea Botha, Fatman (Johan Brummer), Leon Gropp, Louis Loock, Mari Bosman, Stephanie Baartman en Timothy Moloi, tesame met die Magaliebsurg Kinderkoor onder leiding van Hannelie van Sittert en die Transoranje Skool vir Dowes se Hands in Harmony-koor onder leiding van Carmen Bredenkamp en Megan Bester, almal op een verhoog.
Besprekings vir Kersfees Skouspel 2025 kan aanlyn gedoen word by Webtickets.co.za en groepe van meer as 10 kry ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com. Lees meer by www.kersfeesskouspel.com
SunBet Arena @ Time Square, Menlyn Maine, Aramistlaan 209, Menlyn, Pretoria
Dinsdag, 16 Desember 2025 @ 15:00
Met Alwyn Oberholster | Anna Davel | Andrè Schwartz | Arina de Witt | Cordelia | Corlea Botha
Fatman (Johan Brummer) | Leon Gropp | Louis Loock | Mari Bosman | Stephanie Baartman | Timothy Moloi
Magaliesberg Kinderkoor o.l.v. Hannelie van Sittert
Hands of Harmony-koor, Transoranje Skool vir Dowes o.l.v. Megan bester en Carmen Bredenkamp
Musiekregisseur: Chanie Jonker | Regisseur: Frans Swart
Besprekings: www.Webtickets.co.za
Groepe van 10 of meer teen afslag: Skakel (011) 815 3000 of e-pos admin@lefra.com
Meer inligting by: www.lefra.com
Foto slegs ter illustrasie.
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








