Artikelbron: gatewaynews.co.za
’n Kerk in Springs het ’n indrukwekkende nuwe rekord opgestel deur die hele Ou en Nuwe Testament binne drie dae en drie uur deurgelees het.
Gateway News berig dat lede van die AGS Jesus is Lig Gemeente van Springs die hele Bybel Ou Testament en Nuwe Testament in ‘n indrukwekkende 75 uur van die 14 tot 18 Februarie.
In ’n onderhoud met Gateway News het Sonja Gerber, ’n leraar by die kerk, gesê sy het die Here aan die begin van die jaar gevra wat Hy van hulle wil hê vir 2024. Sy is gelei om in Februarie ‘n gemeentelike vas van 21 dae te reël vir mense om die Here se aangesig te soek vir Sy planne vir hulle in hul invloedsfere en toe is sy gelei om die Bybelmarathon by die tyd van vas te inkorporeer.
Die Springs-marathon het ook nuwe grond gebreek omdat deelnemers hulle tydgleuf om die Bybel te lees, tuis kon doen. Elke leser het op WhatsApp aangemeld vir hulle tydgleuf om kontinuïteit te verseker. Lesers wat hul gleuwe voltooi het, het die hoofstuk en vers wat hulle bereik het geplaas.
Die leesgleuwe was ’n halfuur lank en verskeie mense het gekies om twee tot drie uur lank hardop te lees. ’n Aantal deelnemers het ook verskeie gleuwe gedurende die 75 uur geneem.
Sonja het gesê entoesiasme vir die marathon was hoog en laat in die nag en in die vroeë oggendure sou sommige mense die volgende persoon WhatsApp en vra: “Is jy nie moeg nie? Moet ek nie namens jou lees nie?”
Sy het gesê uit gemeentelede se getuienisse was dit duidelik dat God die uitlees van Sy Woord gebruik het om “meer deure oop te maak om in mense se harte te praat”.
“Ek sal beslis ander kerke aanmoedig om die (Bybelleesmarathon)-uitdaging aan te pak. Jy sal net gevul wees in jou gees man Jy sal weet dat God daar is en dat hy met ons praat,” het sy gesê.
Vir meer inligting oor die Bybelleesmarathon en hoe om deel te neem, kontak Illona de Wit by 073 350 6999 of illona.dewit@gmail.com
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 05/03/2024
Foto slegs ter illustrasie: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








