Geskryf deur: Daniele Ellerbeck
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
In ’n inisiatief om ’n omgewing te skep waar elke Suid-Afrikaanse kind basiese onderwys kan ontvang sonder enige onbillike diskriminasie, teistering en afknouery, het die departement van basiese onderwys (DBO) riglyne opgestel vir sosio-opvoedkundige insluiting van Diverse Sexual Orientation, Gender Identity, Expression and Sex Characteristics (SOGIESC) in skole. Dit is nog in konsepvorm en is ten tyde van ter perse gaan nog nie vir openbare kommentaar oopgestel nie. Sodra dit gefinaliseer is, sal dit vir openbare skole se oorweging voorgelê word.
Niebindende aanbeveling
LW: Die riglyne is nie departementele beleid nie. Dit is sy aanbeveling aan openbare skole oor die hantering van seksuele oriëntasie en genderidentiteit en hoe die skool se beleid moet lyk. Skole kan hulle eie diskresie gebruik.
Die departement se interaksie met FOR SA
Die departement het sy konsepweergawe van die riglyne met Freedom of Religion South Africa (FOR SA) gedeel en toe aan die einde van 2022 met die span vergader. FOR SA is genooi om in Januarie 2023 ’n skriftelike voorlegging oor die konsepweergawe van die riglyne te doen.
Godsdiensvryheid
FOR SA se kommer, wat hy in vergaderings en voorleggings aan die departement genoem het, is dat die konsepweergawe van die riglyne ’n spesifieke ideologiese standpunt inneem, naamlik dat gender ’n sosiale konstruk is, ’n spektrum beslaan en/of dat dit “vloeibaar” is (wat beteken dat iemand kan kies om te identifiseer as die gender van hulle keuse).
Beskerming van grondwetlike reg
Die aanvaarding van enige spesifieke ideologie, met die uitsluiting van ’n ander, is teenstrydig met die regering se verpligting om alle grondwetlike regte te respekteer, te beskerm, te bevorder en te handhaaf. Dit is ook strydig met die beslissing van die OGOD-saak wat bepaal het dat openbare skole ideologies-neutrale plekke moet wees. Dus het FOR SA sy kommer uitgespreek dat die riglyne ’n skoolomgewing sal skep wat leerders en onderwysers, met sienings wat hiervan verskil, sal vervreem, stilmaak en/of dat onbillik teen hulle gediskrimineer sal word wanneer hulle standpunte net so welkom moet wees en in openbare skole geakkommodeer moet word. Dit is dus uiters belangrik dat die riglyne ’n neutrale standpunt moet handhaaf wat almal redelikerwys akkommodeer en dit moet praktiese aanbevelings aan skole maak om te verseker dat geen leerlinge (om watter rede ook al) geboelie, van hulle waardigheid beroof of geïntimideer word nie.
Die pad vorentoe
Ouers met kinders in openbare skole sal ’n direkte belang by hierdie riglyne hê. Die DBO het belowe dat daar vroeg in 2023 ’n openbare deelnameproses sal wees vir kommentaar en insette oor die riglyne. FOR SA sal hierdie proses noukeurig volg en die publiek in kennis stel wanneer die riglyne oop is vir kommentaar.
Teken vandag in vir FOR SA se nuusbrief en kennisgewings om akkurate, tydige inligting te ontvang en nooit ’n kans mis te loop om jou sê te sê in ons wetgewende proses nie!
FOR SA is ’n organisasie sonder winsbejag, wat regsondersteuning bied en hom beywer om ons grondwetlike reg op godsdiensvryheid te handhaaf, insluitend:
• Om jou geloof in privaat asook openbaar te deel en uit te leef.
• Die outonomie van geloofsgebaseerde organisasies.
Skenk: Ondersteun ons sodat ons kan voortgaan om vir godsdiensvryheid te veg.
Teken in op ons Nuusbrief
Bly ingelig oor huidige regskwessies
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 20/03/2023
Foto: www.freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.