Artikelbron: Morning Star News

’n Jong Soedanse vrou wat die rug op Islam gekeer het en Christus as haar Verlosser aangeneem het, is deur haar Moslem-man in hulle huis vasgeketting. Sy is later na ’n psigiatriese hospitaal geneem waar sy elektriese-skok-behandeling gekry het. Sy mag ook nie meer haar kinders sien nie, berig Morning Star News

Awatif Abdalla Kaki (27) is ’n ma van vier, die oudste kind is agt jaar oud. Sy het op 27 Januarie ’n Christen geword nadat ’n familielid haar vertel het van verlossing deur geloof in die Here Jesus Christus. ’n Paar dae nadat sy Christus aangeneem het, het sy ’n droom gehad waarin Hy aan haar verskyn het. Sy het haar familie daarvan vertel en die nuus van haar bekering met hulle gedeel.

Haar man het haar probeer dwing om haar geloof te verloën deur haar bene vas te ketting. Hy het beweer sy het mal geword en het haar toe met geweld na ‘n geesteshospitaal geneem, waar sy teen haar wil met ‘n onbekende middel ingespuit is. Sy het ook elektriese-skok-behandeling ontvang.

“Sy lewe steeds in vrees,” sê Morning Star se bron, wat weens veiligheidsredes anoniem wil bly. Hy voeg by dat haar ouers, broers en susters almal Moslems is wat glo dat sy aan geestesongesteldheid ly omdat sy in Christus glo. “Ek vrees vir haar veiligheid en bid dat sy ’n veilige hawe buite haar huis kan vind sodat sy gemoedsrus kan hê en kan groei in haar nuutgevonde geloof.”

Volgens die bron ontvang Awatif op die oomblik geen hulp van enige Christene nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 24/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here