Artikelbron: timesofisrael.com 

Suid-Afrika het die Internasionale Hooggeregshof (ICJ) versoek om verdere stappe teen Israel neem omdat Israel volgens die ANC-regering maatreëls wat reeds ingestel is, oortree.

Israel het Suid-Afrika op sy beurt daarvan beskuldig dat hy “as die juridiese arm van Hamas” optree nadat Pretoria weer die ICJ versoek het om maatreëls teen Israel in te stel. “Suid-Afrika gaan voort met sy pogings om Israel se inherente reg te ondermyn om homself en sy burgers te verdedig en om al die gyselaars te bevry,” het Israel se ministerie van buitelandse sake gesê.

“Suid-Afrika se herhaalde versoeke vir voorlopige maatreëls om Hamas by te staan, is nog ’n siniese uitbuiting van die ICJ in Den Haag, wat reeds twee keer die ongegronde pogings verwerp het om Israel sy reg en verpligting van selfverdediging te ontsê,” het die ministerie gesê.

Clayson Monyela, ’n woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê: “Suid-Afrika het sy besware uiteengesit in sy aansoek by die ICJ. Hulle (Israel) weet wat hulle doen. Dit is absurd om aan te hou sê dat Suid-Afrika namens Hamas optree.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 23/03/2024
Foto slegs ter illustrasie: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here