Artikelbron: cvandaag.nl
’n Groep Christen-leerders is saam met verskeie onderwysers en hul bestuurder uit hul skoolbus ontvoer deur Moslem Fulani-veewagters in die Nigeriese staat Ekiti. Die ontvoerders eis ’n losprys, berig Vangardngr.com berig.
Die skoolbus was op pad terug van ’n uitstappie na Eporo-Ekiti toe die Islamitiese militante dit aangeval het. Daar was tien insittendes in die bus: ses leerders, drie onderwysers en die busbestuurder. Hulle is deur die gewapende mans ontvoer.
Ekiti-staatsowerhede het die ontvoering bevestig en gesê die oortreders was Moslem Fulani-veewagters. ’n Reddingsoperasie is van stapel gestuur om die ontvoerde leerders van die Christelike laerskool in Emure-Ekiti te bevry.
Die ontvoerders het reeds van hulself laat hoor en die familie gekontak. Hulle eis ’n losprys van 30 000 euro in ruil vir die vrylating van die kinders en onderwysers.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 02/02/2024
Foto slegs ter illustrasie: wikimedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.