Geskryf deur: ICEJ
Artikelbron: Verskaf 

Die Internasionale Christelike Ambassade Jerusalem het Dinsdag (30/01/24) ’n solidariteitsending van 70 pastore en bedieningsleiers van 18 nasies gelei op ’n toer deur die Israelse gemeenskappe langs die Gasa-grens, insluitend die verwoeste Kibboets Nir Oz en ’n parkeerterrein met 1 300 uitgebrande motors. Die Christen-besoekers was verstom deur die “radikale boosheid” van die Hamas-terroriste tydens hulle aanval op 7 Oktober 7. Die besoekers is meer vasbeslote as ooit om Israel se reg om sy mense te verdedig, te ondersteun.

Die solidariteitstoer het begin met ’n besoek aan die hoofkantore van die Sdot Negev-streekraad waar ICEJ 113 Motorola-radiosenders geskenk het om noodreaksiespanne in die streek te help om onmiddellike, geënkripteerde veelparty-waarskuwings te stuur. Die Christelike Ambassade het  oor die afgelope paar jaar 366 van hierdie hoogs doeltreffende kommunikasietoestelle aan elke streeksraad langs die Gaza-grens geskenk. Die toestelle was van groot nut op 7 Oktober toe plaaslike sekuriteitspanne vinnig verskeie gemeenskappe te mobiliseer en te verdedig tydens die Hamas-slagtings. Duisende lewens is so gered.


Babastoeltje van Kfir Bibas by die gesin se huis in Kibboets Nir Oz. (ICEJ-foto)

Die volgende stop was ’n groot parkeerterrein naby T’kuma met meer as 1 300 beskadigde en uitgebrande motors, waarvan baie doelbewus deur Hamas-terroriste aan die brand gesteek is met dooie of gewonde Israeli’s nog binne in die voertuie. Die terrein is waar meer as 340 Israeli’s gedood is tydens die aanval op die Nova-musiekfees. Die Christen-afgevaardigdes het spesiale toestemming gekry om die beveiligde parkeerterrein te besoek deur Sdot Negev-sekuriteitshoof Rafi Babian, wat ook vir die groep vertel het van sy dapper pogings om sowat 30 voertuie vol burgerlikes deur oop velde na veiligheid te begelei op 7 Oktober.

Die ICEJ-toer het daarna die Kibboets Nir Oz besoek, waar meer as ’n kwart van die 425 inwoners óf deur Hamas vermoor óf ontvoer is. Die gemeenskap bly grootliks verlate ná die wrede aanranding deur sowat 150 goed gewapende terroriste. Byna vier maande later het die Christen-besoekers gevind dat die eetsaal van die kibboets steeds met gebreekte glas besaai is.


Die besoek aan die parkeerterrein. Links die wrakke van die uitgebrande motors wat opgestapel is om ’n 10 m hoë muur te vorm. Honderde van die uitgebrande voertuie het behoort aan mense wat die musiekfees bygewoon het. (ICEJ-foto)

Nir Oz is ook die tuiste van die Bibas-gesin met hul twee rooikopseuns wat die wêreld se aandag getrek het. Die voorste binnehof van hul huis is ’n hartverskeurende toneel, met ’n babastoeltjie en -motorstoeltjie wat aan die eenjarige Kfir Bibas behoort, en die fiets en speelgoed van sy vierjarige boetie, Ariel.

Die laaste been van die solidariteitstoer is by Kibboets Mefalsim deurgebring, waar die Christen-leiers ’n maaltyd saam met plaaslike noodspanne gedeel het en ’n inligtingsessie van die kibboetsveiligheidsbeamptes ontvang het oor hoe hulle daarin geslaag het om tientalle terroriste op 7 Oktober af te weer.

Die toer is gereël deur ICEJ se liefdadigheidsvennoot, Shmuel Bowman van Operation Lifeshield, en het ’n diep indruk op die betrokke pastore en bedieningsleiers gelaat.

“Ons het die aangesig van radikale boosheid gesien,” het die Anglikaanse teoloog en geleerde dr. Gerald McDermott gesê. “Dit is wat gebeur wanneer mense ‘ontmens’ word en ander hanteer asof hulle nie menswaardig is nie.”


Christene by die parkeerterrein met uitgebrande motors naby die Gasa-grens. (ICEJ-foto)

Dit was baie moeilik om ‘n Suid-Afrikaner te wees met die huidige situasie in ons land,” het Vivienne Myburgh van Kaapstad verduidelik. “Daar is baie ontkenning dat dinge soos hierdie gebeur het Dit is deel van die rede hoekom ons gekom het. Dit is regtig kragtig om te kan sê: ‘Ek was daar. Ek het die huise gesien. Ek het met die mense gepraat wat betrokke was.’ En daar is absoluut geen manier dat dit een of ander vals sosialemedia-beelde was – soos wat sommige mense skokkend impliseer nie. Ek het nou soveel goeie inligting om mee terug te gaan en vir hierdie belangrike saak te veg.”

“Die stuk grond met die hope uitgebrande, geroeste motors het amper heilig gevoel, aangesien soveel van hulle eens Israeli’s bevat het wie se lewens so wreed kortgeknip is,” het David Parsons, ICEJ-visepresident en senior woordvoerder, bygevoeg. “Almal het van hierdie toer af weggekom en saamgestem dat Israel moet aanhou om hierdie euwel te bestry totdat die vyand se wil om te veg verbreek is.”


Rafi Babian, die veiligheidshoof van Sdot Negev, praat met Christelike pastore. (ICEJ-foto)

Die ICEJ se Solidariteit-sending sal hierdie week voortgaan met ’n besoek aan die Knesset om Woensdag met verskeie Israeliese parlementslede in gesprek te tree, ’n vergadering met verskeie gyselaarsgesinne daardie aand, en dan ’n toer deur die noordelike grens Donderdag om meer te wete te kom oor die bedreiging van Hezbollah in Libanon.

Die nasies wat in die ICEJ-solidariteitsbesoek aan Israel verteenwoordig is, sluit in Australië, Kameroen, Denemarke, Fidji, Finland, Duitsland, Ysland, Nederland, Noorweë, Filippyne, Slowakye, Suid-Afrika, Spanje, Switserland, Taiwan, die Verenigde Koninkryk en Amerika.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 02/02/2024
Foto: ICEJ-solidariteitsending sien eerstehands die verwoesting by Kibboets Nir Oz. (ICEJ-foto)

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here