Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Ná Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel in Februarie om tydelik hulp aan Suid-Afrika te onttrek totdat fondstoewysing geverifieer kan word, beweer internasionale media dat “Suid-Afrikaanse Christene Trump teëstaan.”

Hierdie bewering is gebaseer op ’n verklaring van slegs vier plaaslike pastore/leiers en ongeveer 500 ondertekenaars – insluitend beide Christene en nie-Christene van regoor die wêreld. Hierdie voorstelling weerspieël nie noodwendig die breër Christelike gemeenskap in Suid-Afrika nie, waar steun vir Trump en sy pro-Christelike beleid oorwegend hoog bly.

Baie gelowiges beskou Trump se standpunt as ’n geregverdigde reaksie op Suid-Afrika se mislukte regering en voortdurende korrupsie. Tog het die media hierdie klein groepie se teenkanting versterk asof dit die meerderheid verteenwoordig. Ons wil graag van jou hoor!

Lees die volledige verklaring en laat weet ons – praat hierdie leiers werklik namens Suid-Afrikaanse Christene?

https://l.ead.me/bflLdi

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 28/03/2025
Foto slegs ter illustrasie.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

6 COMMENTS

  1. My siening is dat President Trump in sy eie land baie sterk staan om dinge te verander. Dit sit nie in almal om ń skip om te draai nie, die VSA is ń enorme skip om, om te draai. Almal gaan nie gelukkig wees met alles wat hy doen nie. Hy is ń mens wat wil help, daarom kyk hy wat in SA aangaan, ons is almal bewus van onregvergdigheid in ons land. Ons kort ń sterk land soos die VSA om dinge te help verander. Selfs in Covid-tyd moes ons as blankes hoor dat ons besighede nie hulp sal ontvang nie. Wat was die gevolg? Ons moes 20 swart werknemers laat gaan. Ons het ń regering nodig wat na klein besighede ook sal kyk, sodat ons weer vir ander kan werk gee. Maar, ons het net ons knie gebuig en gebid. Die Here hoor ons swaar, hy sien elke volk se trane. Persoonlik is ek dankbaar dat die wêreld sien dat ons hulp nodig het in ons land se leierskap. Ek glo ons het ń wonderlike land. Ons moet net aanhou bid vir ons land. Mooi stories kom daaruit.

  2. Ek hoor wat die mense sê. Sommiges dink hy is deur God gestuur. Sommiges dink hy dink hy is god of ‘n god. Maar wat is die waarheid. Wat is die boodskap wat die Heilige Gees gee?

    Ek voel nie gemaklik met wat in Amerika gebeur nie. Maar in Suid Afrika is dinge ook nie altyd soos dit voorkom nie. Weereens, wat sê die Heilige Gees?

  3. Trump word deur die Here gebruik om ontslae te raak van dit wat teen Sy Woord is en ek glo hy sal dit ook in SA regkry. Ek stain 100% agter hom!

  4. Dis nog een van die ANC en EFF se protes aksies om Suid Afrikaners en uitsluitlik Christene te diskrediteer om brownie points to probeer kry in die boeke van Pres Trump.. Klomp nie- Christene en deel van die Anti Christ..Hulle gaan alle moontlike leuens versprei om te try om Amerika se guns te wen.. Pres Trump en sy mense genadiglik is baie slimmer as dit..
    Hulle sal hul nie laat vang met n spul leuens van n klomp terroriste nie. .. Hulke staan nie n kans met hulle leuens nie. Dis Verseker

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here