Artikelbron: www.breakingchristiannews.com
Raisi was bekend as die “Slagter van Teheran” vir sy betrokkenheid by die doodvonnisse van duisende politieke opponente in die 1980’s ná die Islamitiese revolusie.
Sy dood het die Iranse regime geskok terwyl dit indirek in ʼn oorlog met Israel gewikkel is. Iran se hoogste leier, Ajatolla Khamenei, het ná Raisi se dood visepresident Mohammad Mokhber as die land se waarnemende president aangestel. Die land se kabinet het ook aangekondig dat dit die beleid van Raisi sal voortsit.
Volgens staatstelevisieberigte het Raisi se helikopter in gure weer neergestort nadat hy teruggekeer het van die inwyding van ’n dam in Iran se Oos-Azerbeidjan-provinsie. Iran se minister van buitelandse sake, Hossein Abdollahian, is ook in die ongeluk dood.
Die ongeluk het plaasgevind ná maande se oorlog tussen Iran-gesteunde Hamas en Hezbollah, tesame met Iran se hommeltuig- en missielaanval teen Israel in April.
Raisi was bekend as die “Slagter van Teheran” vir sy betrokkenheid by die doodvonnisse van duisende politieke opponente in die 1980’s ná die Islamitiese revolusie.
Tydens sy termyn as president het hy massiewe betogings teen die regime onderdruk. Hy het ook toesig gehou oor Iran se kernprogram, terwyl dit nader as ooit tevore gekom het aan die skep van wapen-graad uraan.
Hy was ook ‘n onverbiddelike vyand van Israel, maar Israel ontken enige betrokkenheid by sy dood.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 21/05/2024
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








