Geskryf deur: Karen Faulkner Artikelbron: www.worthynews.com 

Die vervolgde, klein Christelike gemeenskappie in Irak het die historiese stap geneem om ’n nuwe openbare televisiekanaal bekend te stel wat slegs programme in hulle Siriese moedertaal uitsaai, berig International Christian Concern (ICC). Siries is ’n antieke taal wat afgelei is van Aramees, die taal wat Jesus gepraat het terwyl Hy op die aarde gewandel het.

Volgens die ICC kan die bekendstelling van die TV-kanaal dui op verhoogde aanvaarding van Christene in die oorloggeteisterde Moslem-land. Weens oorloë en terrorisme het die aantal Christene in die land drasties afgeneem van 1,5 miljoen in 2003 tot net 150 000. “Baie mense het veiliger plekke gaan vind om in te woon, wat die oorblywende Irakse Christene afgesonder gelaat het in die noordelike deel van die land,” berig die ICC.

Irakse Christene ervaar diskriminasie, teistering en gewelddadige vervolging, sonder beskerming van die staat.

ICC noem ook dat die bekendstelling van die Christelike televisiekanaal in Irak, benewens om Irakse Christene te help, ook die aanvaarding van gelowiges in ander Midde-Oosterse lande kan aanmoedig. “Aangesien baie lande in die Midde-Ooste steeds deur vervolging en geweld geteister word, kan dié televisiekanaal wat spesifiek op Christene gerig is, ander buurlande aanmoedig om op soortgelyke manier godsdiensdiversiteit toe te laat,” het die ICC in sy verslag gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here